FOTO: Veronique Milles KLERE: Slate

Mooimaak

Mooimaaksessie – Marianna Fourie (50): “Ek wou net goed voel”

 

Marianna Fourie (50) van Kraaifontein se man en kinders het haar vir haar 50ste verjaarsdag bederf met dié fotosessie. Marianna is ’n finansiële sekretaresse by ’n laerskool.

 

 

 

 

 

Marianna se voor- en ná-foto

Mooimaak Marianna Fourie

Wat sê Marianna?

Beskryf jou klerestyl en wat het jy geleer tydens jou mooimaaksessie?

Ek hou van deftig informele klere. Ek het báie lanklaas ’n rok gedra. Dié mooimaaksessie het my laat besef ek moet weer begin rokke dra – ek het só goed gevoel daarin!

Hoe het jy verwag gaan jy lyk?

Ek wou net goed voel. My lewe is só gejaagd dat ek nie altyd tyd vir myself het nie. Dit was so lekker om te kon sien hoe ek eintlik kan lyk.

Was jy verras om jouself in die spieël te sien?

Ja, die grimering was swaarder as waaraan ek gewoond is en ek het weer vir die eerste keer in jare ’n rok gedra.

Wat was jou familie en vriende se reaksie?

My man sê hy het nie geweet hy het so ’n mooi vrou nie. My meisiekinders het net wow gesê en my laatlam-seun het gesê ek lyk baie jonger.

Is dit maklik om dié nuwe styl vol te hou?

Ja! Ek het van Leverne (die grimeerkunstenaar) se wenke reeds begin toepas.

Wat het die mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen?

’n Mens voel net weer vir ’n slag goed en versorg.

FOTO: Veronique Milles KLERE: Slate

FOTO: Veronique Milles KLERE: Slate

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Marianna het die mooiste glimlag! Ek het haar vel warmer laat lyk met ’n verbronser om ’n egalige voorkoms te gee. Haar lippe en wange is met ’n sagte perske-kleur beklemtoon.

Ek het haar mooi donker oë met ’n bruin omlyner beklemtoon. Sy het beeldskoon gelyk!

Elaine, stilis

Marianna se klere was elegant en stylvol. Die swart somersrokkie met die goue detail het baie mooi gelyk by haar donker hare met die goue strepies daarin. Die oorvourokkie wat ek vir haar gekies het, het haar liggaam pragtig laat lyk. Sy het gestraal in elke uitrusting.

Veronique Mills – fotograaf

Marianna het ’n ongelooflike persoonlikheid en met haar nuwe haarstyl (deur Pro Hair & Beauty in Kenridge) het sy in elke foto net nóg beter gelyk. Die klere en grimering het die prentjie baie mooi afgerond.

(Klik op die foto om te vergroot)

FOTO: Veronique Milles KLERE: Slate

FOTO: Veronique Milles KLERE: Slate

FOTO: Veronique Milles KLERE: Slate

FOTO: Veronique Milles KLERE: Slate

FOTO: Veronique Milles KLERE: Slate

FOTO: Veronique Milles KLERE: Slate

Klere van Slate, Willowbridge

Hare: Pro Hair & Beauty, Kenridge (021 914 2525)

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek haar webtuiste by www.veronique-photography.com of kontak haar direk by 079 737 7397 / info@veronique-photography.com

Mooimaak Marianna FourieKyk na al die vorige mooimaaksessies HIER