FOTO: Veronique Mills

Mooimaak

Mooimaaksessie – Marieta Aucamp (65): ‘Dis nooit te laat om gesonder te begin lewe nie’

Toe Marieta Aucamp 65 jaar oud geword het, het sy besluit dat sy dadelik gesonder wil begin lewe. Sy het ook toe 10kg verloor. Deesdae hou dié oud-onderwyser haarself besig met aktiwiteite soos kunsklasse, onthaal en tuinmaak. Én sy het haar vrees vir die kamera met dié mooimaaksessie oorkom.

 

Marieta se voor- en ná-foto

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Wat sê Marieta?

Hoe het jy besluit op ’n mooimaaksessie?

Toe ek 65 geword het, het ek vir die eerste keer in my lewe by ’n gim aangesluit en ’n gesonde dieet begin volg. Ek het 10 kg verloor en toe het my dogter besluit om my met ’n mooimaaksessie te bederf.

Beskryf jou klerestyl en wat jy intussen wysgeraak het

My klerestyl is klassiek en stylvol. Ek het egter nou gesien dat ek by swart, grys en blou vasgehaak het. Ek gaan beslis nou my klerekas met meer kleur ophelder.

Wat was vir jou die mooiste deel van jou mooimaaksessie?

Ek was baie gestres want ek het nog nooit ’n mooi foto van myself gesien nie. Die span was fantasties en het my soos ’n ster laat voel.

Wat het dié mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen?

Dit het my vrees vir kameras in ’n groot mate laat verdwyn en my selfvertroue ’n hupstoot gegee.

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Marieta het die mooiste groot glimlag wat haar warm persoonlikheid komplementeer. Ek het vir haar ’n pienk lip met bruin ondertoon gegee. Deur die donker onder haar oë te verbloem met Bobbi Brown se “corrector en concealer” het Marieta nou ’n vars voorkoms.

Elaine, stilis

Marieta was ’n besonderse transformasie. Sy het vooraf genoem dat sy hou van pakkies dra. Ek het besluit om vir haar klere te kies wat totaal en al iets anders is as waaraan sy gewoond is. Sy het gestraal in die oorvourok in skakerings van groen. Ek het bypassende juweliersware gekies wat die uitrusing goed afgerond het. Marieta het ook baie mooi in die turkoois bloes met die serp gelyk.

Met die laaste uitrusting het Marieta gesê dit is iets wat sy self sou kies. Die bloes van swart en wit sjiffon het gesorg vir ’n moderne voorkoms. Marieta het so baie van die uitrustings gehou dat sy dit sommer gekoop het!

Veronique Mills – fotograaf

Marieta is vreeslik kamera-sku, maar ons span het haar sommer gou op haar gemak laat voel. Ons het elke stap van die fotosessie verduidelik en vir haar gesê hoe om te staan. Sy het sommer gou agtergekom dat dit nie so skrikwekkend voor die lens is nie! Sy het lekker model gespeel en heeltyd grappies gemaak. Dit was ’n fees om haar vir ’n dag te kon pamperlang.

Dit was vir my baie hartseer toe sy aan die begin van die sessie noem dat sy nie eers een mooi foto van haarself het nie! Ek was so bly om hierdie sessie vir haar te kon doen en vir haar te wys dat elke vrou mooi kan lyk op ’n foto!

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mill

 

Klere van Slate, Willowbridge

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek haar webtuiste by www.veronique-photography.com of kontak haar direk by 079 737 7397 / info@veronique-photography.com

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills