Melanie Calaça (48) - FOTO: Veronique Mills

Melanie Calaça (48) - FOTO: Veronique Mills

Mooimaak

Mooimaaksessie – Melanie Calaça (48): “Ek lyk jonk!”

Melanie Calaça (48) is ‘n huisvrou van Lüderitz, Namibïe.

Melanie Before After

Wat sê die mooimaakspan?

 

Leverne Botha – grimeerkunstenaar
Ek het haar mooi blou oë beklemtoon en die sagtheid van haar vel met die blos op haar wange en lipkleur uitgebring.

Seugnet Robson – stilis
Sy is ‘n elegante vrou, en ek’t haar klere só gekies.

Veronique Mills – fotograaf
Melanie is baie modern en sy het baie mooi gelyk in die klere wat ons vir haar uitgekies het. Sy was aanvanklik maar skrikkerig vir die kamera, maar het sommer gou gemaklik geraak.

Wat sê Melanie?

Waarom het jy besluit op ‘n ‘makeover’ vir jouself?
Ek dink dit is vir elke vrou belangrik om op haar mooiste te lyk en ek het gevoel ek het ‘n “inspuiting” nodig. Ek is versot op makeovers. Punt!

Wat aan jou lyf beskou jy as jou beste eienskap? 
My oë.

Beskryf jou klerestyl, en wat jy intussen wysgeraak het?
Klassiek, maar gemaklik. Ek het geleer om my eie oordeel meer te vertrou en minder krities oor myself te wees.

Hoe het jy verwag gaan jy lyk?
Ek het verwag om goed te lyk maar die resultate was oorweldigend!

Was jy verras om jouself in die spieël te sien? 
Ja beslis, ek lyk so jonk op die foto’s.

Wat was vir jou die mooiste deel van jou mooimaaksessie?
Om goed te lyk en goed te voel oor myself.

Wat was jou vriende/familie se reaksie?
My man dink ek lyk fantasties en my vriende was baie verras oor die eindresultaat. Een vriendin het gevra of dit ek is…

Hoe maklik is dit om dié nuwe styl vol te hou?
Ek glo ek sal dit kan volhou, omdat ek myself nog altyd goed versorg het.

Sal jy dit vir jou vriendinne aanbeveel?
Beslis, weet al klaar van ‘n paar wat dit graag sal wil doen

Wat het dié mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoe?
Dit het beslis my selfvertroue ‘n groot hupstoot gegee.

Klik op die foto’s om dit groter te maak

Klere: Melanie se eie en Nili Collections by www.facebook.com/nili.collections

Bespreek vir jou ’n mooimaaksessie

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek haar webtuiste by www.veronique-photography.com of kontak haar direk by 079 737 7397 / info@veronique-photography.com

  • Lilian van Wyk

    Lilian van Wyk – Hoe kan ek inskryf vir ‘n mooimaaksessie?

  • Lattitia Gray

    My friend Melanie looks beautiful as always. Sorry I must said that I have never seen her look like your before photo. From Jack Russell.

  • Venette Fouche

    Melanie is altyd goed versorg en mooi ek het haar nog nooit onversorg gesien nie, maar Sarie het dit reggekry om so n mooi vrou nog mooier te laat lyk.