6
Mooimaak

Mooimaaksessie – Miranda Nel (21): “My hare is my beste eienskap!”

Miranda Nel (21) studeer tans bemarkingsbestuur en sy woon in Durbanville.

Miranda Before After

Wat sê die mooimaak-span?

Grimeerkunstenaar Leverne Botha:
Haar pragtige rooi hare is beslis haar sterkpunt en saam met haar sterk beenstruktuur maak dit haar beeldskoon.

Stilis Seugnet Robson:
Wat ‘n beautiful rooikop! Sy is lekker lank, en die uitrustings wat ons vir haar gekies het, het juis daarmee gewerk.

Fotograaf Veronique Mills:
Sy’s is saggeaard en het die lens mooi laat werk.

Wat sê Miranda?

Waarom het jy besluit op ‘n mooimaaksessie?
Vir my het dit nie noodwendig oor die mooimaaksessie gegaan nie. Ek het dit gedoen vir die professionele foto’s wat geneem word, en ook oor jou grimering en hare deur professionele mense gedoen word. Boonop kies hulle ook jou klere vir jou uit. Met ander woorde, dis baie waarde vir die geld, want gewoonlik moet jy jou eie hare en grimering doen.

Wat aan jou lyf beskou jy as jou beste eienskap?
My hare is beslis my beste eienskap.

Beskryf jou klerestyl, en wat jy intussen wysgeraak het?
My klerestyl is eenvoudig, maar altyd stylvol en modern. Ek druk ook steeds my eie stempel daarop af.

Hoe het jy verwag gaan jy lyk?
Ek het wow verwag, en dis presies hoe ek gelyk het. Die grimering was veral amazing!

Was jy verras om jouself in die spieël te sien?
Ja, die grimering veral.

Sal jy dit vir jou vriendinne aanbeveel?
Beslis!

Wat het dié mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen?
Dit het my selfvertroue ‘n hupstoot gegee.

KLIK op die foto’s hieronder om dit groter te maak.

Klere verskaf deur Nili Collections

Bespreek vir jou mooimaaksessie híér