FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

Mooimaak

Mooimaaksessie – Natasha Kruger (35): “Dis wonderlik om te sien hoe mooi God my geskep het”

 

Natasha Kruger (35) van Hermanus is ’n bestuurder en wou vir haarself bederf met dié mooimaaksessie.

 

Natasha se voor- en ná-foto

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Wat sê Natasha?

Waarom het jy besluit op ’n mooimaaksessie?

Dit is die ideale bederf-geskenk vir myself.

Wat dink jy is jou beste eienskap?

My gesig en hare.

Beskryf jou klerestyl…

Gemaklik en deftig. Ek het nou geleer om meer kleur te dra en nie vas te haak by swart nie.

Hoe het jy verwag gaan jy lyk?

Mooi en jonger! Dis wonderlik om te sien hoe mooi God my geskep het en hoe dankbaar ons moet wees.

Wat was jou familie en vriende se reaksie?

Hulle was baie verras.

Wat het dié mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen?

Definitief ’n hupstoot gegee. Dit het my ook aangemoedig om meer grimering te dra en mooier aan te trek.

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Natasha het diep donker oë en met haar blas vel het sy ’n baie eksotiesie voorkoms. Daarom kon ek die grimering lekker donker maak. Sy is regtig beeldskoon!

Elaine, stilis

Elke uitrusting wat ek vir Natasha gekies het, het 100% by haar gepas. Sy was ook op haar gemak in al die uitrustings. Met haar blas vel kan sy basies enige kleur dra en ek het gespeel met goud, swart en helder kleure.

Veronique Mills – fotograaf

Natasha het die mooiste donker vel. Sy het my aan ’n Hollywood-ster laat dink terwyl ek haar afgeneem het. Sy was baie gemaklik voor die kamera en die uitrustings het haar perfek gepas en gekomplementeer.

(Klik op die foto om te vergroot)

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

Klere van Slate

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek haar webtuiste by www.veronique-photography.com of kontak haar direk by 079 737 7397 / info@veronique-photography.com

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills