Olivia de Klerk (21) - FOTO: Veronique Mills

Mooimaak

Mooimaaksessie – Olivia de Klerk (21): “My hare is my beste eienskap”

Olivia de Klerk (21) is ‘n mediese student van Rondebosch in Kaapstad.

Liv before after

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar
Liv het mooi blonde hare en dit was só maklik om haar natuurlike skoonheid en jeugdigheid te beklemtoon met min grimering.

Chanel Sylvester – stilis
Liv is atleties gebou en ‘n noupassende glimmer-rok komplementeer haar slanke figuur mooi, en wys haar kurwes. Die kleur van die rok werk ook goed by haar veltoon.

Veronique Mills – fotograaf
Liv is ‘n opkomende model en ek het al voorheen met haar gewerk. Ons het soveel pret gehad, en ek is mal oor die sagtheid wat sy uitstraal.

Wat sê Olivia?

Waarom het jy besluit op ‘n ‘makeover’ vir jouself?
Ek wou my modelportfeulje opdateer.

Wat aan jou lyf beskou jy as jou beste eienskap?
My hare is beslis my beste eienskap.

Beskryf jou klerestyl, en wat jy intussen wysgeraak het?
My klerestyl is vroulik en formeel, maar dit hang af watter geleentheid en bywoon. Ek was mal oor die glansrokke wat ek vir die mooimaaksessie kon dra.

Hoe het jy verwag gaan jy lyk?
Ek ken die fotograaf, en ek’t geweet dit gaan mooi wees.

Was jy verras om jouself in die spieël te sien?
Ek het baie van die grimering gehou. Die klere en die foto’s het als mooi bymekaar laat kom.

Wat was vir jou die mooiste deel van jou mooimaaksessie?
Dat ons soveel pret kon hê!

Wat was jou vriende/familie se reaksie?
Hulle was gek oor die foto’s!

Hoe maklik is dit om dié nuwe styl vol te hou?
Baie! Ek het lekker grimeer- en haarwenke gekry.

 

Bespreek vir jou ’n mooimaaksessie

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek haar webtuiste by www.veronique-photography.com of kontak haar direk by 079 737 7397 / info@veronique-photography.com