FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Mooimaak

Mooimaaksessie Rahiema Khan (34): “Ek het nou meer selfvertroue”

Rahiema Khan (34) is ’n IT-konsultant van Goodwood naby Kaapstad. Sy het vir dié mooimaaksessie gegaan omdat sy iets buite haar gemaksone wou doen.

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Wat sê Rahiema? 

Beskryf jou klerestyl en wat jy geleer het. 

Ek is bietjie van ’n rabbedoe. Ná die mooimaaksessie weet ek ek kan pienk lipstiffie dra en ek kan definitief meer met my kleredrag waag.

Was jy verras om jouself in die spieël te sien?

Ja, beslis, ek kon nie glo dit is ek nie. Ek lyk so anders, wat ’n positiewe verandering!

Wat was die lekkerste deel van die mooimaaksessie? 

Ek was nog nooit in my lewe so gepamperlang soos op die dag van die mooimaaksessie nie. Dit was waarlik ’n besonderse belewenis.

Wat was jou vriende en familie se reaksie? 

My familie is versot op die foto’s en kon nie glo dat ek so anders lyk nie.

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Rahiema het ’n natuurlike skoonheid en die mooiste glimlag! Ek het haar oë met pers oogskadu beklemtoon. Ek het ook ’n blinkerige skadu onder haar oog gebruik om dit helderder te maak. Haar voorkoms is afgerond met ’n donkerpienk lipkleur wat haar helder persoonlikheid perfek afrond.

Stilis

Ons het vir Rahiema pragtige somerklere gekies: ’n vroulike ligblou rok, ’n donkerblou rok met patrone en ’n goue belt en laastens die gemaklike wit top met veelkleurige bloes bo-oor. Dié voorkoms is vars en vrolik.

Veronique Mills – fotograaf

Nie almal is gemaklik voor die kamera nie, maar Rahiema het lekker gelag. Hoewel ek haar in ’n paar minder gemaklike posisies gesit het, het sy mooi op die foto’s gelyk!

Alle Klere van Slate, Willowbridge.

Hare deur Prohair Studio