FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

Mooimaak

Mooimaaksessie – René du Plessis (53): “Dis ’n feesviering van skoonheid en elegansie”

 

René du Plessis (53) van Somerset-Wes is ná ’n loopbaan as portefeuljebestuurder vir nou eers ’n voltydse ma vir haar tienerseun totdat hy matriek behaal.

 

René se voor- en ná-foto

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

Wat sê René?

Waarom het jy besluit op ’n mooimaaksessie?

Ek neig om perfeksionisties te wees en daarom krities op myself. Daarom is dit so lekker om jouself deur iemand anders se oë te sien. Ek aanvaar heeltemal ek word ouer, maar dit beteken nie ek gaan so bietjie skop en skree daarteen nie!

Beskryf jou klerestyl…

Ek hou daarvan om elegant en vroulik te lyk. Ek dink die klere wat die mooimaakspan vir my gekies het, het my 100% gepas. Die styl én die kleure het my gekomplementeer.

Was jy verras om jouself in die spieël te sien?

Ja, omtrent! Dit het gedink, ‘wow, is dit regtig ek?’. Hierdie is soos ’n feesviering van skoonheid en elegansie!

Wat was jou familie en vriende se reaksie?

My gesin het die hele aand na my gestaar en kon nie wag om die foto’s te sien nie. Hulle was heeltemal gaande daaroor!

Hoe het jy die mooimaaksessie ondervind?

Dis ’n ongelooflike ervaring, jy kan nie vir iemand beskryf hoe dit voel om vir ’n oggend soos ’n model, aktrise en prinses te voel nie! Almal laat jou so spesiaal voel. In my volgende lewe sal ek enige tyd ’n fotografiese model wees!

Is dit maklik om dié nuwe styl vol te hou?

Leverne (die grimeerkunstenaar en haarstilis) het vir my raad gegee terwyl sy my gesig en hare gedoen het. Ek het alles probeer onthou en wil dit graag self probeer. Dít maak só groot verskil.

Wat het die mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen?

Om jouself deur iemand anders se oë te sien is positief vir jou selfvertroue. Jy voel so spesiaal en soos ’n top-fotografiese model … jy glo weer 100% in jouself.

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

René het die mooiste groot oë met die langste wimpers. Ek het haar oë ’n dramatiese voorkoms gegee met donker oogskadu.

Ek het haar hare reguit gestileer om haar elegante voorkoms te voltooi.

Elaine, stilis

René se skoonheid het van binne gestraal. Die uitrustings het haar ongelooflik mooi laat lyk. Die sagte skakerings van groen en turkoois het haar blonde hare en blou oë mooi beklemtoon.

Veronique Mills – fotograaf

René was ongelooflik voor die kamera! Sy was so gemaklik en die kleure van haar grimering en klere het perfek by haar gepas!

(Klik op die foto om te vergroot)

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

Klere van Slate, Willowbridge

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek haar webtuiste by www.veronique-photography.com of kontak haar direk by 079 737 7397 / info@veronique-photography.com

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

Kyk na al die vorige mooimaaksessies HIER

  • Marietjie Roux Harbor

    Sjoe sy is verskriklik mooi!! Ongelooflik…mooimaaksessie het haar net mooier gemaak!!