Sarina Viljoen (62) - FOTO: Veronique Mills

Mooimaak

Mooimaaksessie – Sarina Viljoen: “Op 62 lyk ek steeds pragtig!”

Sarina Viljoen (62) is die mede-direkteur van Cavcor Property Group en sy bly in Welgemoed, Kaapstad.

Sarina Before After

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar
Sy het die mooiste hare en pragtige oë. Ek het haar oë en wange beklemtoon. Sy het ‘n sterk gesigstruktuur en dit maak haar ‘n striking vrou!

Seugnet Robson – stilis
Ek het weereens net hier besef hoe belangrik dit is vir elke liewe vrou om haarself te versorg! Wat ‘n mooi vrou! Sy’s lieflik om mee saam te werk. Ons het besluit op meer kleurvolle uitrustings wat haar uitstekend gepas het en gemaklik laat voel het voor die kamera!

Veronique Mills – fotograaf
Sarina is ‘n borrelende, outgoing persoon en was baie gemaklik voor die kamera.

Wat sê Sarina?

Waarom het jy besluit op ‘n ‘makeover’ vir jouself?
Ek het gedink om vir myself iets te doen, om ‘n dag soos ‘n model te voel.

Wat aan jou lyf beskou jy as jou beste eienskap? 
My oë en my glimlag.

Beskryf jou klerestyl, en wat jy intussen wysgeraak het?
Ek trek gemaklik en elegant aan, maar ek het geleer dat ek selfs op 62 nog kan pragtig lyk.

Hoe het jy verwag gaan jy lyk?
Hulle met my verwagtinge heeltemal oortref!

Was jy verras om jouself in die spieël te sien? 
Ja, dit het my betower! Die mooimaakspan se vermoë om my te transformeer was ongelooflik.

Wat was vir jou die mooiste deel van jou mooimaaksessie?
Om soos ‘n koningin behandel te word…

Wat was jou vriende/familie se reaksie?
Hulle het nie geweet daar’s ‘n model in die familie nie.

Hoe maklik is dit om dié nuwe styl vol te hou?
Die mooimaakspan se keuse van grimering en klere het my geïnspireer om dié styl te vol hou.

Sal jy dit vir jou vriendinne aanbeveel?
Verseker! Van my vriendinne het reeds planne om te bespreek.

Wat het dié mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoe?
Op my ouderdom het dit my ‘n welkome hupstoot gegee!

Klere: Model se eie

Bespreek vir jou ’n mooimaaksessie

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek haar webtuiste by www.veronique-photography.com of kontak haar direk by 079 737 7397 / info@veronique-photography.com

  • Zaan

    Nee regtig! 62???

  • Elmien

    Ongelooflik mooi. Ek is oor 9 jaar daar en wil ook so lyk op 62. Gee my sommer moed.

  • Adri

    Sy lyk 47

  • Marina Kriel Ueckermann

    Al hierdie mense lyk stunning! Ag,asseblief probeer my ook so mooi maak?

  • Susan Le Roux-Wagener

    Wens ek kon ook kom vir so iets. Ek het dit soooooooo nodig. Voel deesdae oud en lelik.

  • Magda Venter Jordaan

    Wow! Jy lyk pragtig!

  • Litha Matthysen

    Sarina Viljoen lyk ongelooflik pragtig! Om op 62 jaar so te lyk en soveer mooi energie uit te straal is verseker n gawe!