FOTO: Veronique Photography

FOTO: Veronique Photography

Mooimaak

Mooimaaksessie – Vriendinne Madré Kohn (28) en Marlies Angelou (35)

Vriendinne en vennote Madré Kohn (28) en Marlies Angelou (35) besit hul eie besigheid, Three Studio, wat fokus op retro-meubels, dekor en skryfbehoeftes. Albei is ook ma’s en sukkel om tyd vir hulself te maak.

 

Madré se voor- en ná-foto

FOTO: Veronique Photography

FOTO: Veronique Photography

Wat sê Madré?

Beskryf jou klerestyl, en wat jy intussen wysgeraak het

Ek hou van die boheemse voorkoms, maar ek dink ek speel bietjie te veilig en maak te veel toe. Ek het nooit moulose klere gedra nie, nóú is ek baie lus om dit te dra! Ek weet ook hoe ek van nou af gaan poseer om die beste moontlik op foto’s te lyk.

Hoe het jy verwag gaan jy lyk?

’n Bietjie beter as wat ek gewoonlik doen… Maar ek was aangenaam verras! Ek was stomgeslaan! Dis wonderlik om te sien hoe mens eintlik kan lyk!

Hoe het jy die moomaaksessie ondervind?

Life changing. Ek beveel dit vir enige iemand aan, want ek is so bly ek het dit gedoen! Ek het nie geweet ek is tot so iets in staat nie. Ek het baie lanklaas iets so selfsugtig (en wonderlik!) vir myself gedoen.

Marlies se voor- en ná-foto

FOTO: Veronique Photography

FOTO: Veronique Photography

Wat sê Marlies?

Hoekom die mooimaaksessie?

My vriendin en venoot Madré het voorgestel dat ons hierdie shoot doen. Ek was skepties in die begin, omdat ek dit voorheen gedoen het toe ek single, jonk en maer was. Ek is nou ’n ma van twee en het intussen baie verander… Dit was ’n uitdaging om my selfvertroue terug te kry en weer net mens te voel. Dít het wonders gedoen!

Beskryf jou styl, en wat jy intussen wysgeraak het

Ek is baie open minded wat klere aanbetref. Ek verkies om mooi en gemaklik te voel. Leverne (die grimeerkunstenaar) was ongelooflik goed. Dit is ’n totale nuwe voorkoms vir my, maar ek het baie gemaklik gevoel – Leverne is baie inspirerend! Dié nuwe styl is maklik om vol te hou en ek het geleer om prakties te dink oor my voorkoms.

FOTO: Veronique Photography

FOTO: Veronique Photography

FOTO: Veronique Photography

FOTO: Veronique Photography

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Madré het die mooiste oë wat ek met donker oogskadu beklemtoon het en met haar kuif wat haar oë so mooi raam, lyk sy ongelooflik.

Marlies het die mooiste vorm oë. Ek het dit met ’n sterk swart oogomlyner beklemtoon. Haar wange en lippe het ek met ’n perske kleur laat vars lyk en dit rond haar voorkoms baie mooi af!

Elaine, stilis

Vir Madré en Marlies se mooimaaksessie het ek rondgespeel met verskillende kleure en style. Ek het besluit om die klere jonk en modieus te hou.

Madré het gestraal in die sagte vuilpienk toppie gekombineer met die bypassende pels-baadjie. Die broekpak het gesorg vir ’n speelse, tog uitdagende voorkoms. Marlies het pragtig gelyk in die swart trui met silwer skouer-detail. Die sagte pienk rok het haar pragtige oë na vore gebring en gesorg vir ’n vroulike voorkoms

Veronique Mills – fotograaf

Madré en Marlies is sulke goeie vriendinne en ek moes net die oomblik vasvang toe hulle begin grappies vertel en so lekker lag. Dit was baie spesiaal om hulle voor die lens te hê.

Madré

FOTO: Veronique Photography

FOTO: Veronique Photography

FOTO: Veronique Photography

FOTO: Veronique Photography

FOTO: Veronique Photography

FOTO: Veronique Photography

Marlies

FOTO: Veronique Photography

FOTO: Veronique Photography

FOTO: Veronique Photography

FOTO: Veronique Photography

FOTO: Veronique Photography

FOTO: Veronique Photography

Swart broekpak, pienk chiffon-rok, pienk en swart toppies van Phenomena Clothing
Grys chiffon-top van Reverse Clothing

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek haar webtuiste by www.veronique-photography.com of kontak haar direk by 079 737 7397 / info@veronique-photography.com

FOTO: Veronique Photography

FOTO: Veronique Photography