louis_en_lise_1
SARIE-blogs

NUWE REEKS! Verstaan jouself en ander beter

Weeklikse insetsels met bekende persoonlikhede soos Amanda Strydom, Anton Goosen en Emo Adams, wat hulle persoonlike ervarings gaan deel of bloot opinies gaan lug, is ‘n belangrike toevoeging tot die program.

Lise en Louis se verhouding as paartjie sorg nie net vir ‘n informatiewe luisterervaring nie, maar ook vir baie vermaaklike interaksie.

Lise se “amateurverstaan” van sielkundige kwessies lei tot interessante en relevante vrae, maar soos dit met meeste paartjies gaan, stem sy nie noodwendig saam met al die antwoorde wat Louis verskaf nie!  Dit lei tot verdere bespreking, en ‘n onderwerp word sodoende vanuit verskeie hoeke bekyk.

Lise se suster, Nina Swart, bekende regisseur, aktrise en televisiepersoonlikheid, is die regisseur van dié radioprogram.

WAARNA KAN JY UITSIEN?


* Elke week vra Lise aan Louis ‘n spesifieke vraag wat ons almal se lewens raak en hy bespreek dit op ‘n eenvoudige, duidelike manier in ‘n  artikel hier op sarie.com. Onderwerpe soos angstigheid, depressie, homoseksualiteit tot goeie kommunikasie tussen man en vrou sal bespreek word.

* Gesels elke Dinsdagoggend van 11:30 saam op SARIE se Facebookblad met Louis oor sielkundige kwessies wat pla.

* Skakel hierdie tye in op dié verskillende radiostasies om na ‘n regstreekse uitsending te luister:

www.radiorosestad.co.za – Elke Maandagaand om 21:00

www.radiolaeveld.co.za – Elke Dinsdagoggend om 11:00

www.bayfm.co.za – Elke Donderdagoggend om 11:00

www.radionamakwaland.co.za – Elke Vrydagoggend om 11:30

www.radiotygerberg.co.za – Elke Sondagmiddag om 18:00

NEEM DEEL!


Ons stel belang in kwessies wat jóú lewe spesifiek raak. Neem só deel:

* Lewer kommentaar onderaan die artikels in dié afdeling.

* Gesels saam op SARIE se Facebookblad of by Louis & Lise se Wie is ek?

* Stuur ‘n e-pos direk aan: lise@wieisek.com, of louis@wieisek.com

LEES ALLE ARTIKELS HIER!