SAARTJIE-modeblog

“Oh”- dis tyd vir OhOneOne-modepret

OhOneOne is ’n modieuse aanlynwinkel met ’n prettige gevoel. Suid-Afrikaanse modeliefhebbers en stigters, Roxy Burger en Sarah Mitchell, het ’n oog om die nuutste modetendense met hul eie, unieke styl te kombineer.
SAARTJIE inboxOhOneOne se nuutste winterreeks bied modes wat jou nie in die agtergrond laat verdwyn nie – perfek vir die vrou wat nie bang is om anders te wees nie (nou aanlyn beskikbaar).
Ohoneone, rok, winter 2014Hierdie HW2014-reeks is hul tweede reeks vandat die handelsmerk in 2013 gestig is. Die inspirasie is hierdie keer “clash!” Dit kan jy sien in die manier waarop hulle teksture meng en style soos ’n noupassende hemp en oorgroot trui kombineer. Die moet-hê-items in dié reeks sluit unieke jasse, oulike bedrukte truie en kraaghemde met patrone in.

Hier is ‘n paar van my gunsteling-items uit die reeks:

Bloes met interessante detail

Bloes
Ohoneone

'n Moet-hê-baadjie vir 2014 - mal oor die patroon

As jy hou van iets sexy, is dié sensasionele fluweel-en-kantrok net vir jou

Die tekstuur-spel maar dié eenvoudige top iets besonders