mooimaakspan
Mooimaak

Ontmoet ons mooimaak-span op SARIE.com

SARIE.com het ’n splinternuwe projek, SARIE Mooimaak. Ons werk saam met ‘n talentvolle span van Kaapstad: fotograaf Veronique Mills, hare-en-grimeerkunstenaar Leverne Botha en stilis Seugnet Robson.

Hiér wys ons jou hoe gewone vroue tot fotomodelle omtower word.

Voel soos ’n model vir ’n dag…

Dié mooimaak-sessies is vir elke vrou wat daarvan droom om haar beste eienskappe te beklemtoon en vir ‘n dag bederf te word deur ‘n professionele span. Jou hare en grimering word gedoen én jou klere vir die foto’s word deur ‘n stilis gekies. Jy kan daarna met ‘n volledige fotosessie by jou vriende en familie spog!

Waarom ’n mooimaaksessie?

  • Daar is nie ‘n beter manier om jouself, ’n vriendin, suster of ma te bederf nie!
  • Elke vrou wil vir ‘n dag voorbladmooi voel.
  • Dit is ideaal vir wanneer jy ‘n groot geleentheid moet bywoon – dan is jou hare en grimering sommer gedoen!
  • Dié sessie fokus op jou beste eienskappe en bring daardie mooi in elke vrou uit.
  • Jy kry persoonlike raad by ‘n professionele span sodat jy jou nuwe voorkoms kan volhou.
  • Ons doen ook ma-en-dogter-sessies of spesiale sessies vir jou en jou beste vriendin.

IMG_3515-5

“Ek is so passievol oor wat ek doen! Vir my gaan dit daaroor om iemand se hart gelukkig te maak, om iemand soos ‘n supermodel te laat voel. Ek wil elkeen gemaklik laat voel voor die lens, en haar daaraan herinner hoe mooi sy regtig is.” – Veronique Mills

leverne botha“Ek het van die begin van my loopbaan af, ses jaar gelede, besluit dat ek met gewone vroue wil werk. Dit is die wonderlikste gevoel as iemand ná haar hare en grimering gedoen is in die spieël kyk en sy kan byna nie glo wat sy sien nie. Dit is my werk om seker te maak jou beste eienskappe word beklemtoon!” – Leverne Botha

seugnet robson“Om modieus te wees is maklik, maar om stylvol te voel en lyk is prysloos. Dit is my passie om die mooi in mense uit te bring – dít wat hulle nie noodwendig self kan sien nie.” – Seugnet Robson

Wat behels ‘n mooimaaksessie?

Drie professionele vroue in ‘n gemaklike omgewing

Die pakket sluit die volgende in:

  • ‘n Persoonlike stilis wat vir jou klere by verskillende boutiques uitkies om op die dag van die mooimaaksessie te dra. (Jy mag ook van jou eie klere saambring.)
  • ‘n Professionele grimeerkunstenaar doen jou grimering.
  • Jou hare word professioneel gestileer vir die fotosessie.
  • Jou sessie begin met sjampanje en eetgoed.
  • Die sessie sluit dan ook ‘n professionele fotosessie, met 20 foto’s op ‘n CD, in. (Fotosessie duur 1h tot 1h 30 minute)

KOSTE VAN PAKKET : R2550.00

Bespreek vir jou ’n mooimaaksessie

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek haar webtuiste by www.veronique-photography.com of kontak haar direk by 079 737 7397 / info@veronique-photography.com

KLIK HIER VIR AL DIE MOOIMAAK-SESSIES

  • Guest

    Wanneer doen julle so iets in Pretoria. As julle ooit so iets hier aan hier, kontak my asb!!!!

    • SARIETydskrif

      Hi! Die span oorweeg dit om in Pretoria sessies aan te bied. Julle kan vir Veronique kontak by info@veronique-photography.com

      • Lizette

        Ek het Veronique gekontak, en die terugvoer was onmiddelik, TOTDAT ek ongelukkig nie die sessie kon bywoon (in die tydperk wat hulle in Johannesburg gaan wees). Die 2 e-posse daarna waarin ek vra of hulle weer na Pretoria kom, en of hul ‘n webwerf het , wat ek kan dophou- word totaal geignoreer.
        Sarie.com kry maar eerder vir jul ‘n aparte span vir Pretoria. Iemand wat weet hoe om potensiele kliente te hanteer.

  • Lizel Van Zyl

    Wanneer doen julle make overs in Pretoria. Kontak my asb. as julle ooit so iets oorweeg.

  • ina

    As julle ooit in Pretoria dit oorweeg sal ek graag in die ry wil staan. Ek is n plus size. En baie mense se groot is lelig. Sal graag dit wil beleef. ek trou die 30 November en wil ook self weet hoe om my mooi te maak

  • BONNITA WILDENBURG

    CANNOT WAIT FOR TODAY WITH THE SARIE MAKE OVER TEAM LOOK FORWARD TO THE SHOOT …