SAARTJIE-modeblog

Queue – winterstewels vir almal

Die eerste koue weer is amptelik hier en wat is nou beter as om jouself te verlustig in ’n goeie paar stewels. Saartjie blog vandag oor Queue se verskeidenheid winterstewels.
SAARTJIE hastagPlat hakke, hoë hakke, enkelhoogte, kniehoogte, daar is ’n ongelooflike verskeidenheid. Die ongelooflikste van alles is die prys! Ja, stewels van egte leer vanaf R600. Ek kon my oë nie glo nie. Die egteleer-stewels is deel van hul Gia-reeks. Queue het ook ander reekse in die winkel, maar party van hulle is kunsleer.

Ek weet ek praat nou baie oor die stewels, maar ek was net so stomgeslaan deur die prys. Daar is ook handsakke, hakke, gemaklike insteekskoene en selfs tekkies.

Dan het ek ’n geheimpie om met julle te deel… die moet-hê-skoen vir somer is die espadrille (seilskoen met tousool) – plat of in ’n wighak!

Stewels van egte leer stewels in die Gia-reeks

Ek is mal oor dié plat stewel!

Metaalkleurige tekkies van leer

Tekkies van seilstof (canvas)

Hoëhakskoene in verskillende teksture soos kant en kuns-slangvel

Verskeidenheid handsakke om uit te kies en te keur

Kyk hoe mooi is dié rooi handsak

En so lyk jou geheime wapen vir somer 2014 - die espadrille

Nóg plat skoene, en regs is 'n plat espadrille