dsc00375
SARIE-blogs

Rooi tapyt-blogger Aletté-Johanni by Cell C launch

Saam met die ou (en nuwe) bekendes het ons gaan uitvind wat presies hierdie “Hottest launch” behels.

Die details:

Bymekaarkomplek: Die Turbine saal, Miriam Makeba straat, Newtown Johannesburg

Tyd: 19:00

Wat trek ons aan:  Jozi Partytjie Chic

Wat weet ons: Dis ’n Cell C partytjie en op ’n manier is Red Bull ook betrokke.

Dis ’n pragtige aand en die reën het pas al die stof oor Newtown Johannesburg laat lê. Dis eintlik ongelooflik hoe baie die middestad vir my aan New York City laat dink. (Sonder al die mense en liggies in die aand natuurlik). Na ons geregistreer het, is daar ’n paar foto’s op die rooi tapyt geneem waarna ons die aanloklike lokaal binne is.

Die Turbine saal is ’n massiewe gebou met verskillende vlakke. Op die vlakke is daar verskillende kroeë, ’n sjef se kombuis, dansbane, en selfs ’n verhoog met lewendige musiek as vermaak. Op sommige van die vlakke is jong soepel manne besig om “break dance” maneuvers uit te haal en oral oor verkyk mense hulle knape wat op hulle koppe draai. (Dit het my kop behoorlik laat draai)

Skielik het die bekende gesigte begin op pop en ons eerste geselsies was met die ene Mnr Ryk Neethling. Shakespeare het gevra: “What’s in a name?” Maar laat ek julle vertel die meneer se ouers was BAIE wys om hierdie naam konstant oor hom uit te spreek want hy is voorwaar RYK. Ryk aan talent, Ryk aan idees, Ryk aan inisiatief, Ryk aan integriteit, Ryk aan sjarme en baie Ryk aan  goeie gelaatstrekke…Die man r(ei)k ook na die sterre. Ons het lekker gesels oor sy swemskole wat tans besig is om internasionaal uit te brei na lande soos onder andere Meksiko en Brasilië. Hy vertel dat dit harde werk is en dat daar honderde leerlinge daagliks by sy skole swem , en dan het hy nog laas Vrydagaand sy eie wyn ook gelanseer in Franschhoek. Ryk, op alle gebiede.

Van die ander bekendes was Cindy Nell wat ontsaglik blom in haar swanger staat. Sy is nou al amper 6 maande swanger en alhoewel hulle die geslag van hulle baba ken, wil hulle dit eers bietjie vir die res van Suid-Afrika geheim hou.

As ek en Heinz met Mark en Nicole Pilgrim kuier, praat ons net babataal. Daar word gespog en foto’s en video’s uitgeruk en dit is so lekker om stories en fases van ons babas se lewens te vergelyk.

Voormalige Mej. Suid-Afrika’s Vanessa Carreira en Claudia Henkel lyk beide ontsaglik goed en selfs na Vanessa se baba kan sy enige tyd op ’n internasionale loopplank gesien word. Sy vertel ook dat hulle binnekort gaan werk aan ’n boetie of ’n sussie en dat ma-wees haar lewe volkome verander het.

Natuurlik was Cell C se C.E.O, meneer Trevor Noah, ook daar in sy volle glorie en hy het baie statig gekyk dat alles in orde is en hom ook verkyk aan die manne op hulle koppe en ratse lywe. Emmanual Castis het ons vertel wat in sy hart aangaan en Jacques Terblanche en sy verloofde het ook kom draai en ons was verlig om te sien dat hy lewendig van die nuwe “Survivor” Maldives af teruggekom het.

Eintlik waaroor die aand gegaan het was die nuwe mobiele netwerk Red Bull Mobile wat pas begin het. Dit val onder Cell C  en natuurlik was daar omtrent NET Red Bull te drinke.

Die groot vermaak van die aand was die groep: “Faithless” wat al die pad van Engeland gekom het en ons kon sien Ryk is nie die enigste ryk een daar nie. Cell C moes baie geld uithaal om hierdie funksie moontlik te maak en hulle het hulle voorwaar goed van hulle taak gekwyt.

Na al die lekker vinger versnaperings en (WATER) is ons weer huiswaarts se kant toe om nagskof met baba oor te neem. As ek geweet het wat wag vir my het verseker ’n Red Bull of 2 gepop!

  • Hannetjie de Klerk

    Spoggerig of se ek?Dis darem ‘n groot voorreg om al die heerlike ervarings mee te maak!

  • Debbie

    Hey Alette, jou hare lyk pragtig so kort! Jy lyk amazing en jy skryf amazing..hou aan hou aan hou aan! Ek sien so uit na jou boek.Hopelik binnekort.Groete Debbie

  • http://xnesuoxchtuo.com/ wmjvrr

    PuZYVP qvfiuwqkmqcm, [url=http://holuavinihmq.com/]holuavinihmq[/url], [link=http://kbjrfcvubqfe.com/]kbjrfcvubqfe[/link], http://hokavaqluefe.com/

  • toxvisoy

    B10niq zytzfhwafpyz, [url=http://ccsjekdeibrr.com/]ccsjekdeibrr[/url], [link=http://sybiktguosxl.com/]sybiktguosxl[/link], http://bkajajojcykk.com/

  • Kazumi

    Abgesehen vom Inhalt.. ber den Inhalt dieses Artikels ist an dseeir Stelle, denke ich, genug diskutiert worden. Aber da wir gerade bei dem Thema guter Journalismus sind, m chte ich eine Kleinigkeit anmerken, die ich in meiner Ausbildung zur Journalistin immer wieder eingesch rft bekommen habe: Zu gutem Journalismus geh rt auch ein guter Ausdruck so wie die Beherrschung der Grundregeln der deutschen Grammatik und Rechtschreibung. Mir st t es leider sehr negativ auf, wenn im ersten Absatz schon an die sieben Fehler auftauchen und es verleidet mir das Weiterlesen eines, ansonsten durchaus lesenswerten Artikels. Schon der Link bei BILDblog, der mich hier her f hrte, ist mit einem Zitat versehen, dass einen Fehler enth lt. Es kostet doch nicht so unendlich viel Zeit einen Text nach dem Verfassen noch einmal durch zuschauen, oder?