img_5844
SARIE-blogs

Rooi tapyt-blogger Aletté-Johanni Winckler oor Heat Hot 100

En so vat die Wincklers die pad na The Oxford in Illovo, Johannesburg vir die jaarlikse Heat Hot 100-geleentheid. Die uitnodiging het gesê dit gaan ‘n intieme affêre wees, maar min het ons geweet wat op ons wag. Toe ons twee jaar terug daar was (laasjaar was ‘n bababoep in ‘n sexy ensemble nie ‘n opsie nie), was die funksie behoorlik uitspattig. Lee-Ann Liebenberg het met ‘n Harley-motorfiets ingery gekom op die rug van ‘n man in swart leer getooi.Danny K het uit ‘n houtboks gespring soos ‘n Jack-in-the-Box en natuurlik het Ryk Neethling (met goeie reg) vir die soveelste keer met die louere weggestap.

So, my verwagtinge vir hierdie jaar was (met nóg goeie reg) uiters hoog. Toe ons teen begintyd daar aankom was daar skaars mense en my waarskuwings-wenkbroue het gelig. Die vergaderplek was ‘n kwart van dié in 2008 en ek het nie een bekende gesig gesien nie. Na ‘n paar “rooi tapyt”-foto’s en ‘n spontane onderhoud met MK (TV-kanaal) het ons iets te drinke gekry en in die hoek gaan wag vir die aksie om te begin.

Een vir een het ‘n paar van die genomineerdes gearriveer. Liezel van der Westhuizen wie ‘n trofee vir networking moet kry, want sy is briljant daarmee. Jenna Dover – julle sal haar veral herken as ‘n model en aktise met ontsaglike mooi rooi hare, en sy pryk oor gereeld in Woolworths se advertensie-veldtogte landswyd. Verder was daar laasjaar se Idols-deelnemer en pasgetroude Graeme en Kim Watkins, Bianca Le Grange, Mark en Nicole Pilgrim, Adeline Mocke, Stefan Ludik en heelwat later die nuutste hot mommy in die omtrek, Mej. Liebenberg. Dit was dit. Geen Ryk Neethling, geen Elvis Blue, L’loyd Cele of enige van die ander 30 Suid-Afrikaners in die lys van 100 warmstes.

Die aand het bestaan uit ‘n harwar van foto’s neem, ou gesigte weer sien, nuwe gesigte ontmoet, besigheidskaartjies uitdeel en vakansieplanne praatjies maak. Die mammas – ek, Lee-Ann en Nicole Pilgrim kon nie genoeg oor ons babas praat nie, en Heinz kon vir die mooie Adeline Mocke van hierdie jaar se Idols bietjie touwys maak oor loopbaankeuses. Die (nou) internasionaal-bekende, identiese tweeling, Locnville, het ons met die son in hulle sakke en die maan in hul hare bekoor. Net jammer die klank het veel te wense gelaat en was dit moeilik om te hoor hoe die een liedjie nes die volgende een klink…

Die grootste teleurstelling van die aand vir my was egter die feit dat daar geen voorsiening gemaak is vir kos nie. (Natuurlik!)Nie eers ‘n vinger-dingetjie is voorgesit nie en teen tienuur kon ons nie wag vir die aankondiging van die wenners nie, want ons wou met alle geweld gaan eet! Ons het vlugtig met Mark en Nicole Pilgrim ge-chat en hulle het ons meegedeel dat Locnville toe inderdaad nie verniet al die pad van die VSA af ingevlieg het nie en wel die warmste warm nuutste ding in Suid-Afrika is.

Verlig dat ons gehoor het wat ons moes, vat ons die pad na die naaste restaurant (gelukkig reg langsaan) en ons vier het het ‘n heerlike (stomende WARM) aandete, wel amper nagete, saam geniet en kon praat oor die dae van Ryk Neethling.

  • Lisa

    Flippen COOL! Julle lewens klink so exciting! Jy skryf so lekkrrrrrrrrr

  • Mvgicz

    bin grundse4tzlich deienr meinung, kann mir allerdings nicht vorstellen, dass VP8 nur eine billige Kopie von H.264 ist google kennt sich in diesem bereich aus (wo kennt sich google nicht aus?) und selbst wenn VP8 im Moment qualitativ nicht mit H.264 mithalten kann, wird google das nicht auf sich sitzen lassen und die me4ngel beheben.ich bin mir ziemlich sicher, dass apple auf den VP8 zug aufspringen wird. ohne VP8 wird apple le4ngerfristig auf youtube verzichten mfcssen hier hat google ganz klar die besseren karten in der hand.es he4ngt natfcrlich davon ab, ob apple es schafft fcber seinen eigenen schatten zu springen und die konflikte mit google beizulegen (evtl im zuge der wwdc?).