SAARTJIE-modeblog

Saartjie se kommentaar op Dag 4 van SA Modeweek

Saartjie sê wat sy dink van haar laaste aand by die SA Modeweek.
SAARTJIE hastag

Vir my was die groot verrassing van die aand Gert-Johan Coetzee se versameling. Ek kon nie glo dat hy ’n ready to wear-reeks ontwerp het nie. Geen snaakse harerige ontwerp wat mens nie eintlik verstaan nie. Die snaaksste ding van sy ontwerpe was die 1575  Koningin Elizabeth I-plooikrae. Ek voel hy kon dít maar gelos het. Maar sy koerantpatroon was regtig verfrissend.

Die pastelpienk grafiese patrone met tikkies geel en turkoois was my gunsteling-items in die Fundudzi-reeks.

Palse se mansreeks was inspirerend! Ek het ’n paar items hier gesien wat ek graag vir die mans in my lewe wil koop. Maar oor die vrouereeks was ek nie so gaande nie.

Watter Afrikaanse sanger het vir Palse op die loopplank verskyn? Lees hier!
Palse SAFW SS14

Vino se lip-patroon was speels en anders en het haar vroulike snit daardie ekstra oemf gegee.

Ek was nog altyd ’n groot aanhanger van Colleen Eitzen en ek weet sy ontwerp nie eintlik skoene nie, maar vrek; ek was mal oor haar sandale vir die somer. Haar hele reeks het vir my ’n informele hip gevoel gegee wat lekker sal wees vir die somer se naweekgemak.

En nou wonder julle seker wie was my gunsteling vir die aand… Ek kan nie eintlik sê nie, maar as ek één item op my wenslysie kan sit, is dit Colleen Eitzen se sandale. Love, love, love!

Kyk hier hoe die res van die ontwerpers se versamelings gelyk het:

Fundudzi

Foto: Simon Deiner/SDR Photo

Vino

Foto: Simon Deiner/SDR Photo

Vino

Foto: Simon Deiner/SDR Photo

Colleen Eitzen

Interessante skouer-detail
Foto: Simon Deiner/SDR Photo

Colleen Eitzen

Die sandale waaroor ek só gaande is
Foto: Simon Deiner/SDR Photo

Gert-Johan Coetzee

Dié koerantpatroon is baie vars
Foto: Simon Deiner/SDR Photo

Gert-Johan Coetzee

Die snaakse plooi-kraag
Foto: Simon Deiner/SDR Photo

Gert-Johan Coetzee

Koerantpatroon met etniese patroon bo-oor - stunning!
Foto: Simon Deiner/SDR Photo

Gert-Johan Coetzee

Foto: Simon Deiner/SDR Photo

Gert-Johan Coetzee

Foto: Simon Deiner/SDR Photo