FOTO: Veronique Mills

Mooimaak

Mooimaaksessie – Almari Fourie: “My man is van voor af verlief op my!”

 

Almari Fourie (29) kom van Bothasig naby Kaapstad en sy is ’n batebestuurder by die Departement van Maatskaplike Dienste.

Almari before after

Almari Fourie voor en ná (FOTO: Veronique Mills)

Wat sê die mooimaakspan?

Grimeerkunstenaar Leverne Botha:
Almari het die mooiste blou oë, en dit was maklik om dit te beklemtoon (veral saam met haar auburn-haarkleur. Sy laat my baie aan Celine Dion dink…

Stilis Seugnet Robson:
Sy is só stylvol en die uitrustings het haar soos ‘n handskoen gepas.

Fotograaf Veronique Mills:
Sy het my werk ongelooflik maklik gemaak.

Wat sê Almari?

Waarom het jy besluit op ‘n ‘makeover’ vir jouself?
Veronique het ons troufoto’s geneem en van daar volg ek haar werk op facebook.  Die oomblik toe ek die glamour shoot se foto’s sien, wou ek ook sulke pragtige foto’s hê, aangesien ek nooit vir myself mooi lyk op gewone foto’s nie.

Wat aan jou lyf beskou jy as jou beste eienskap
Sjoe, moeilike vraag… Ek probeer om myself goed te versorg. My Pa het my geleer ‘n vrou hoef nie mooi te wees om mooi te lyk nie, so hopelik kry ek dit reg!

Beskryf jou klerestyl, en wat jy intussen wysgeraak het?
Ek volg maar selde die modes, en hou van meer klassieke klere. Ek dra ook nie klere wat te los sit nie, want dit lyk maklik slordig. Een van die rokkies wat ek moes aantrek vir die glamour deel van die fotosessie was ‘n stywe mini-rokkie. Dit het eers bietjie ongemaklik gevoel, maar blykbaar lyk dit heel goed aan my.

Hoe het jy verwag gaan jy lyk?
Ek het nie regtig iets verwag nie. Ek het oopkop ingegaan, veral om ‘n bietjie iets  anders te ervaar.

Was jy verras om jouself in die spieël te sien?
Sjoe, ja!  Leverne is uitstekend! Sommer vinnig-vinnig en jy lyk heeltemal anders!

Wat was vir jou die mooiste deel van jou mooimaaksessie?
Alles was mooi! Ek het gehou van die klere, my hare en make-up!

Wat was jou vriende/familie se reaksie?
My man is natuurlik weer van vooraf verlief! Hy vertel vir almal hoe mooi sy model vrou is! Ek my Pa spog omtrent oor hoe mooi ek is.

Hoe maklik is dit om dié nuwe styl vol te hou?
Ek het regtig lekker tips gevang om my hare só mooi te kry, ek sal dit maklik self kan doen. Die grimering sal ek ongelukkig mos nooit so mooi soos Leverne kan doen nie…

Sal jy dit vir jou vriendinne aanbeveel?
Definitief! Elke vrou wil graag mooi lyk en so bietjie bederf word. Ek kan nie aan ‘n beter manier dink nie.

Wat het dié mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen?
‘n Mens is geneig om altyd op die dinge van jouself te fokus waarvan jy nie hou nie. Dit was regtig lekker om mooi goed te hoor en ek sal dit probeer onthou.

KLIK op die foto’s hieronder om dit groter te maak:

Klere: Nili Collections by www.facebook.com/nili.collections

Bespreek vir jou ’n mooimaaksessie

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek haar webtuiste by www.veronique-photography.com of kontak haar direk by 079 737 7397 / info@veronique-photography.com

  • Hannelie Beukes

    Wat moet ek doen om te kwalifiseer vir ‘n mooimaaksessie?