streicher
SARIE-blogs

Streicher se Voetspore-blog (+VIDEO van helikopter-ongeluk)

DAG 5

“Ons het laat die aand net buite die grens van Lesotho kamp opgeslaan. Dit was ons eerste kamp van die drie maande toer deur Afrika . Ons het bo op ʼn berg  kamp opgeslaan en dit was redelik koud.

DAG 6

Die volgende oggend vroeg is ons vir die eerste keer Suid-Afrika se grense verlaat, en Lesotho ingery.  Die mense in Lesotho was baie vriendelik. Die kinders het nie bakhand gestaan nie. Hulle het geglimlag en vir ons gewaai.

In die hoë bergpasse het ek vir die eerste keer in my lewe sneeu gesien. Dit was eintlik ys wat nog nie gesmelt het nie, maar vir my was dit sneeu. Ons het tot laat die aand gery. Ek was baie moeg, alhoewel ek eintlik niks gedoen het nie. Ek is spyt ons kon nie nog ʼn dag in Lesotho spandeer nie, want elk wou van die bergpasse in die dag sien. Toe ons laatnag by Sanipas aankom, was baie koud.

Ons is vroeg die volgende oggend af met die Sanipas. Dit was definitief nie een van die moeilikste bergpasse nie, maar definitief een van die mooistes. Laas keer toe ek met die pas op is, was ek skaars twee jaar oud. Daarvan kan ek niks onthou nie.

DAG 7 en 8

Dit was nog  ʼn lang dag tot by een van SA se beste motorfietsryres, Jan Staal, se plaas. Hy het my die volgende oggend laat motorfiets ry. Dit was ’n baie lekker ondervinding. Ek wil baie graag self ʼn motorsfiets hê, maar my ma weier. Ek sal maar by Jan Staal kom leer motorfiets ry.

Na ’n besoek aan Amersfoort het ons weer ver gery, tot by Pafuri, by die noordste punt van die Kruger Wildtuin. Ek het dit baie geniet, omdat ons vir twee dae daar kon staan en kon uitrus. Ek kon vir die eerste keer op die toer weer lekker laatslaap.

DAG 9

Maar nou is ons oor die grens in een van my gunsteling-lande, Mosambiek. Ek kan nie wag om dit weer om weer by die Mosambiekse see uit te kom nie.”

Groete

Streicher

In sy vorige blog “Vir ‘n oomblik het ek gedink dit is die einde” vertel Steicher van die helikopter-ongeluk wat hy op Dag 2 van hul toer oorleef het. Kyk hier na video-materiaal daarvan:

* Volg die Voetspore-span op hul roete.

  • Ria

    Streicher, ek wonder of jy besef hoe bevoorreg jy is!! 3maande saam met jou pa in die boendoes!! Geniet elke oomblik daarvan, daar sal ‘n tyd in jou lewe kom dat jy terug sal verlang na hierdie tydjie. Geseende kind!!! Wens ek was daar!! Geniet dit.

  • Marineli

    Naja, das Thema wird auch an Hochschulen leider wilickrh stark untersche4tzt.Web kann ja jeder. Bzw. jeder meint schnell darfcber mitreden zu kf6nnen. Ffcr Profis auf dem Gebiet will man aber nichts ausgeben und sind solche im eigenen Hause vorhanden, wird diesen kein Gehf6r geschenkt.Stattdessen ist das Thema mal beim ZKI, mal beim AMH und mal beim DFN, ja sogar ab und zu bei der HRK (die dann mal wieder eine geisteswissenschaftliche Studentin ein Uniranking zusammenklickern le4sst).Allenfalls von unseren rfchrigen SUMA-Prof. aus Hannover kf6nnte man einige Aktivite4ten auf dem Gebiet erwarten. Aber der ist eh schon verzettelt genug mit der SUMA-Welt.Was gibt es noch?Ach ja, letztens gab es ja noch diese PR-Show vom BMBF von wegen (Achtung, von einer anderen Conf plagierter Titel) Konferenz Zukfcnftiges Internet .Ich will ja nicht Eigenlob treiben, aber ich glaube, dadf leider der Webkongress Erlangen die einzige ernstzunehmende veranstaltung zu dem Thema ist, welche von einer Hochschule in D organisiert wird.Wobei man bei genaueren Blick dann wieder feststellen muss: Stimmt nicht. Da steckt die FAU nur organisatorisch-hierarchisch hinter. In Wirklichkeit war und ist diese Veranstaltung durch das dortige Regionale Rechenzentrum in Eigenregie organisiert ohne Auftrag der Uni, die allerdings davon profitiert Und wegen der oben beschriebenen Sache, dadf jeder Mitreden will, der nur meint, 10 Jahre im Browser umklickern-Kompetenz reicht aus, wundert mich das nicht.Und genau deswegen ist auch eine Bfcndelung Illusion: Jede Hochschule, egal ob die wilickrh die fe4higen Leuten he4tten oder nicht, wfcrde sofort aufsprungen und bei Stein und Bein schwf6ren, dadf sie die einzige und wilickrhe Hochschule sind, die das machen kf6nnen.

  • Louis J Botha

    Hallo Streicher,
    Wat ‘n voorreg om Afrika so saam met jou Pa te kon beleef. Ek volg elke program wat uitgesaai word met groot belangstelling en wens so ek en my seun kon dit doen.(Sommer saam met julle)
    Ons twee het ook so gery , maar dit was ongelukkig beperk tot naweek trippe hier in die Wes Kaap . Hy ry ook saam ( het baie self bestuur ook) met my vanaf 9 jarige ouderdom en vandag staan hy op troue( 8 Des 2012). Hy is vandag ‘n Toer Bus leier vir Overlanding Groepe uit die VSA en kamp elke aand op ‘n ander plek . Hy geniet steeds elke trip en daardie "wandering lust":’ waarin hy groot geword het sal hom altyd bybly.Die tye wat hy saam met sy Pa deur gebring het is van onsakbare waarde. Jy moet die oomblikke en tye saam met Pa geniet ou seun. Dit is tyd wat geen geld kan koop nie en eendag as Pa dalk nie meer daar is nie, sal jy in sy voetspore volg en self sulke epiese togte aanpak, dalk met jou eie seun , wie weet?.. As ek so na die programme kyk, wens ek so ek en Kobus, my seun, kon met julle saamry. Dit is ‘n lewenswyse wat regtig deel van jou word.
    Ons het altwee die gevorderde 4×4 Bestuurskurses gedoen en moet sê hulle kon ons nie veel leer nie omdat ons al sover en so baie gery het, so baie ondervinding het, en saam deur gemaak het..
    Ek wil egter net een vraag vir jou vra, en dit is hoe maak jy om met jou Skoolwerk en Tersiere opvoeding by te bly as julle 3 maande op die pad is.?. Ek het al so baie gewonder daaroor, want ek het nooit geweet hoe om hom langer as die skool vakansies uit die skool te hou sodat ons lang togte kon aanpak nie.
    Ek sal dit waardeer as jy my sal antwoord. Dit sal baie interessant wees om te hoor hoe julle dit beplan het en hoe julle dit ingepas en gedoen het., want dit kan tog nie agter bly nie of hoe? .
    Intussen, geniet dit ou kerel, jy gaan dit eendag aan jou kinders oordra. Daar is min jong manne wat sulke voorregte gehad het, en sulke ‘n ondervinding opgetel het en sulke wonderlike tye saam met Pa kon deurbring. Jy is ‘n baie bevoorregte seun en jong man..Dit het van jou ‘n ware man gemaak. Of hoe?
    Glo my vry, die toerlus sal nooit uit jou lewe uitgaan nie. Jy sal atyd net wil ry en ry , Waar die pad jou ookal heen neem daar sal jy die neus indruk en laat wiel. Net jou VOETSPORE agterlaat. Ek hoor graag van jou. Baie groete, Louis Botha .