sr1004talliemylewe
SARIE-blogs

Tallie blog (4): “Rugstekery is aan die orde van die dag”

Toe ons die Unie betrokke kry om ons saak te besleg, is daar skielik geen kommunikasie meer tussen ons personeel-afdeling en ons afdeling nie. Ons word gewaarsku dat enige iets wat ons sou kwytraak, teen ons gebruik kan word.

Ons afdeling word meteens soos aansteeklike siektes behandel. Jarelange kollegas word vreemdelinge wanneer jy hulle in die gange raakloop.

Dit veroorsaak dat die afgelegdes hulleself eenkant hou. Ons vermy enige besoek aan ander afdelings.

Rugstekery word aan die orde van die dag, en elkeen probeer aan ‘n plekkie vasklou vir solank hy kan. Die Unie onderhandel en beding ‘’n goeie afleggingspakket vir elkeen. Tog is dit nie goedgenoeg vir sommige nie, en dis veral sogenaamde bestuur wat ‘n ekstra maand of twee se salaris en bonus  probeer kry.

Maar dit is wanneer jy voel jy kan niks meer verloor, wat oorlewing intree. Waar ‘n mens voorheen die onreelmatigheid in die werksituasie soms stom gade geslaan het, bly niemand meer stil nie.

Kollegas wat voorheen voorkeurbehandeling ontvang het, is nou in presies dieselfde afleggingsbootjie.
Soos die gesegde lui, ‘n Wiel is rond, en dit draai staaaadig, maar seker.

Ons afskeid was sonder enige moeite gereël. Ek is ook nie heeltemal seker of enige een lus was om met ‘n geskal afskeid te neem nie.

Ons is elkeen beloon met ‘n laaste skrywe van ons gelde en moes teken dat ons geen verdere eise teen die maatskappy sou he nie.

Dankie en totsiens. 14 Jaar daarmee heen. Skuus vir jou wat jou gesin laatnag eers kon sien, nadat jy meer as jou ekstra myl gestap het vir die dag, net so jammer vir jou vir die dae en nagte wat jy nie by die huis was nie, maar besig was met werksverpligtinge. Jammer vir jou lojaliteit wat jy teenoor die maapskappy gevoel het al die jare, jy is nou oorbodig. Punt.

Ek stap uit die gebou met ‘n ligtheid. ‘n Drang van oorlewing, ja dit is wat mens aan die gang hou wanneer jy die deure agter jou hoor toeklap. Hierdie mensegemaakte besluite, en dit sal altyd so wees vir solank as wat jy dit toelaat.

Maar ek laat my nie onderkry nie. Oor ‘n week begin ek en Wilmien by dieselfde maatskappy.

* Lees Tallie vorige blogs hier.

  • Wendy

    Wilmien nou?

  • Medam

    Ja, wilmien nou! Haha…. Dankie Tallie, ek het nou lekker stillettjies geglimlag….niemand sal verstaan….