FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

Mooimaak

VIDEO: Agter die skerms by Franci (67) se mooimaaksessie

Franci se mooimaaksessie was iets besonders en ons SARIE.com-lesers het ook saamgestem! Kyk wat het agter die skerms gebeur.

Van ons lesers dink dat Franci 20 jaar jonger lyk ná haar mooimaaksessie. Franci het vir die mooimaaksessie gegaan, omdat sy gevoel het sy is in ’n groef. Tydens dié sessie het sy geleer om ander kleure in haar klerekas in te bring en sagte grimering te doen.

Sy sê dít het haar selfbeeld baie goed gedoen. Kyk na haar volledige mooimaaksessie HIER.

Franci Before After

Die mooimaakspan het dié video van Franci se mooimaaksessie gemaak. Nicholas Loock het dié video aan mekaar gesit.

Wat die mooimaakspan gedoen het

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Franci het die mooiste vol lippe. Ek het dit met ’n rooibruin-lipstiffie beklemtoon wat pragtig by haar nuwe haarkleur pas. Ek het ook haar wenkbroue versag met ’n bruin oogskadu en dit raam nou haar gesig perfek.

Elaine, stilis

Die swart-en-rooi-kleurskema het haar nuwe voorkoms baie mooi gekomplementeer. Die swart elegante rok het haar petite figuur mooi beklemtoon en het haar ’n stylvolle voorkoms gegee. Franci het geskitter in die oorvourok met patrone.

Veronique Mills – fotograaf

Franci was ’n fees om voor die kamera te hê! Haar nuwe voorkoms asook die herfs-kleure wat ons uitgekies het, het so mooi gelyk op die kamera. Franci se uitkyk op die lewe is fantasties! Sy het kanker gehad asook rug-operasies en dit was wonderlik om haar positiewe uitkyk te beleef en haar te kon bederf.

 

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek haar webtuiste by www.veronique-photography.com of kontak haar direk by 079 737 7397 / info@veronique-photography.com

Mooimaaksessie-pakkette

Kyk na al die vorige mooimaaksessies HIER