SAARTJIE-modeblog

Winterwoud-inspirasie

Met die tema “Into The Woods” het Poetry & Old Khaki klaar vir ons ’n lekker gevoel gegee van wat ons kan verwag vir winter 2014 – snoesige, gemaklike én elke-dag-dra-items.

SAARTJIE hastag

Saartjie is na die bekendstelling van hul wintermodes genooi en dit was die ene winterwoud-inspirasie …

Kyk net hoe oulik is die uitnodiging met glitter-voëltjies. Klik hier om dit self te maak.

Ons is bederf met heerlike vars croissants & sterk koffie by The Woodlands Eatery, terwyl ons rustig na al die items gekyk het.

Ek was veral mal oor al die sweater tops en ’n paar gemaklike brogues het my naam geskree. Dit is definitief op my wish list.

Hier is van die lekker snoesige items wat by Old Khaki & Poetry beskikbaar gaan wees:

 

Old Khaki - Parka

'n Moet-hê-winter-item. Ek het reeds een en ek sien almal in SARIE se modespan het ook een

Old Khaki - Trui met patroon

Lyk dit nie lekker snoesig nie?

Old Khaki - Sweater top

"Saartjie, koop my!" Dié top gaan fantasies lyk saam met 'n bonkige halssnoer

Old Khaki - Denim-hemp

As jy nou nog nie dié mode-item het nie, moet jy nou een kry!

Poetry - Sneaker

Ek is mos mal oor iets wat blink en wat is nou beter as 'n sneaker wat blink!

Poetry - Trui

Love, love, love!

Poetry - Top

Ek's gaande oor die spel van tekstuur op dié top

Poetry - Hempsrok

Altyd 'n lekker item om te hê