Eie stories

SARIE Facebook-fan vertel hoe sy byna 100 kg verloor het

Moenie jou steur aan die hoeveelheid gewig wat jy wil verloor nie, dan staar jy jou blind teen ‘n getal – jy moet verloor totdat jy goed lyk en goed voel. Ek was my hele lewe lank oorgewig, ook ‘n emosionele eter (en vrek ongelukkig). Ek het geen sosiale lewe gehad nie en hoe ongelukkiger ek geword het, hoe meer het ek geëet. Op 40 het ek besef dat daar een persoon is wat my omstandighede kan verander – en dis ekself! Ek’t hard met myself gepraat en gesê ek skuld dit vir myself om gelukkig te wees, en dat ek niemand kan blameer as ek ongelukkig is en niks daaraan doen nie.

Toe het ek meeste suiker uitgesny, behalwe in my tee en koffie. Ek’t geen snacks tussen-in geëet nie, slegs vrugte. Ek’t 4 kleiner maaltye geëet, met kos soos brood en so aan ook. Ek het 6 x 500 ml yswater per dag gedrink (dieselfde bottels hervul met kraanwater en dit in die yskas gesit). Ek’t geen gaskoeldrank gedrink nie en as ek lus was vir ‘n tjokkie of ‘n tjippie, dan het ek ‘n bite size een gehad, want mens eet agter die smaak aan en vergryp dan jouself aan ‘n blok of ‘n pak!

As ek ernstige craving gehad het, het ek springmielies in die mikrogolf gemaak (lighly salted). Die belangrikste wat ek gedoen het, was om te begin stap. Ek kon aanvanklik nie 100 m stap nie en vandag stap ek 4 km per dag! Ek het geglo ek hou nie van oefen nie en eet is my lewe.

En die nice ding is dat ek myself verkeerd bewys het. (‘n Mens kan darem só vir jouself jok!).

Ek het nooit in die spieël gekyk nie – net om grimering aan te sit. Nou kan ek vir ure na myself staar :-)

Dis steeds onwerklik en die wonderlikste ding is as kennisse by jou verbyloop en jou nie herken nie. Of as jou kind sê dis lekker om Mamma te omhels en nie te omsingel nie, want oorgewig beïnvloed almal in jou gesin. My gewig het geval van 170 kg na 78 kg en dis heerlik om klere te koop waarvan ek hóú en nie net te vat wat my pas nie! Hoera!

- Annelise Boot, SARIE facebook-fan

Word lid van SARIE op facebook – daaglikse inspirasie aanlyn

  • Hyla

    Wonderlik!!! Dit gee my sommer weer moed om te begin en vas te byt!!

  • Marissa

    Sjoe, dankie vir so mooi inspirerende storie! Baie geluk, ek hoop om oor ‘n paar maande ook so te kan getuig.

  • http://telkomsa.net Rita olckers

    Hoera, my oorgewig susters, daars hoop vir ons. Wonderlik om n dag op so n positiewe "maer" noot te begin!!!!!! Dankie Annelise, jy is n ster!!!! " Komaan susters,volg Annelise se voorbeeld en spaar solank vir daai sezy swart nommertjie!!!!!!!!!!!!!!!

  • Martha

    Hoe kry ander mense dit reg en ek wat op ‘n lae GI plan is en my allerbeste gee verloor nie ‘n gram nie? Wat moet ek nog doen om ook sulke resultate te hê?

  • Karen

    absoluut fantasties – jy’s ware inspirasie, veral aangesien ek sopas begin het met Sureslim en nog ‘n lang paadjie het (50kg) om te loop – mag ek so sterk soos jy staan!

  • Magdalena

    Dit wil gedoen wees Annelise – baie geluk!! Ek is ongelukkig n ‘emosionele’ eter – of ek nou honger is of nie, ek eet!! Op die oomblik 20kg oorgewig en het ook al wat dieet probeer (sonder resultate want ek eet, eet en eet met dieetpille en al)…. het nou slimeeze gekoop… enige iemand wat dit al gebruik het?

  • Surita

    Ek glo vas dat ‘n dieet alleen nie sal werk om baie gewig te verloor nie. Jy moet oefen ook, ons leef in ‘n era wat alles voor ‘n rekenaar of voor die TV gebeur en ons liggame verbrand net nie genoeg kaloriee nie. Soos Annelise self se – sy stap elke dag 4km en sy het begin met 100m! As jy eers verby die stadium kom van oefen is aaklig en nie lekker nie en daardie goedvoel hormone word vrygestel na ‘n lekker oefensessie sal jy verslaaf raak aan oefen en DAN is dit lekker en dan smelt die gewig sommer weg.

    Wat ek graag wil weet by Annelise is of sy sukkel met ‘n oormate los vel?

  • Anita van Rensburg

    Jissie die vrou is FANTASTIES!!!!!!!!Annelise baie, baie, baie geluk, maar daai stappie om jou kop reg te kry????? hoe doen mens dit – my dieete hou gewoonlik so 3 dae dan is ek moeg daarvan en begin maar weer eet – ek werk ook elke dag met kos so dis nog moeiliker vir my!!! ek MOET MOET 20kg verloor, maar hoe gemaak???? wil so graag weer, goed voel en goed lyk……. enige raad iemand!!! ek wil ook weer in ‘n "SUPER SEXY BIKINI" verskyn!!!!!

  • Annelise Boot

    Jis dis nou lekker om te sien my storie het soveel dames geinspireer! Dit maak my reis net nog meer die moeite werd. Dit was beslis nie maklik nie…maar die moeite werd. Die resultate is ongelooflik!
    Ek het vertel van die skuif wat in jou kop moet plaasvind, en die skuif KAN NIE gebeur solank as wat mens verskonings maak nie – dan is JY nog nie gereed vir gewigsverlies nie.
    Gooi al jou pilletjies en poeiertjies weg vir dieet – verander die leefstyl en pas aan by jou daaglikse roetine. Mens tel al die gewig weer op sodra jy ophou met die dieet….slegs ‘n veranderde leefstyl het blywende resultate.
    Dames wat belangstel om meer te weet kan my gerus kontak op Facebook, stuur ‘n Friend Request en ek sal graag jou vrae beantwoord. Ek het beslis nie al die antwoorde nie, maar ek kan se "I’ve got the XXXL t-shirt"
    Dankie Sarie vir die voorreg om my storie te kon deel…dis spesiaal en die cherry on top!

  • Samantha Haskin

    Ek wil graag ook gewig verloor maar sukkel bietjie, waar kan ek hierdie eet plan of diet in die hande kry. Dit sal my baie help, ekt ‘n baba seuntjie en kry nie altyd kans om te oefen nie. help grt asb.

  • http://www.sarie.com SARIE

    Dankie dat jy jou storie met SARIE deel, Annelise.

  • http://debtconnectandsolutions.webs.com Renee Marais

    Die voorreg is myne om in die rerige lewe vir Annelise te ken. My hartvriendin. Sy is ‘n ware vrou en inspirasie vir ons almal. ‘n Raakvatter en mens wat dinge gedoen kry op ‘n keurige manier en sy lyk altyd asof sy uit die blaaie van ‘n modetydskrif stap. Haar paadjie met gewig was lank maar Annelise het deurgedruk en dit SELF gedoen. Na my gesukkel met swangerskap het ek ook heeltemal teveel gewig opgetel en die een verskoning na die ander gesoek oor hoekom ek nie gewig kan verloor nie. Begin van die jaar het ek besluit om rooivleis uit my dieet te sny en uit ‘n kleiner bord te begin eet. Ek drink nog my wyn en eet volgraan brood en is netso trots op myself dat ek van Januarie af tot nou 2 nommers kleiner kan dra. Dit is ‘n besluit wat jy neem en mens moenie jouself pakgee wanneer jy soms die grense van jou eie dieet oorskrei nie. Ons bly menslik en die lewe is te kort om nie af en toe sjokolademousse of ‘n feetjiekoekie te eet nie. In ons huis besit ons nie ‘n skaal nie, maar Annelise is reg, dis nie die nommer of die cm wat die verskil maak nie, maar hoe jy oor jouself voel. Gaan kyk of Facebook hoe pragtig sy is!! Dankie vir jou inspirerende woorde. Ons vrouens moet mos saamstaan.

  • Ansie

    Hi Annelise. Sjoe, ek bewonder jou. Ek is nou 37 en 50kg oorgewig – ook al alles probeer, maar verloor elke keer moed. Wil jy nie groot asseblief ‘n voor- en na-foto stuur nie – dit motiveer my altyd.

  • Nanni

    Dit is wonderlik om die storie te lees. Ek het ook so 5 jaargelede op 45 die kopskuif gemaak. Met Sarie se 12 weke dieet kompetise nogal. Eh het niks by Sarie gewen nie , maar 10kilos verloor en oefen nog steeds. Ek was ook nie die oefen tipe nie en nou mis ek dit as ek nie daarby uitkom nie.

  • Cecile Stander

    Dis absoluut great!! Ek voel nou sommer meer geinspireerd!! Ek het self presies ‘n maand gelede begin oefen by die gym en ek kan nie onthou wanneer laas ek so iets, so veel geniet het nie. Die gewig gaan stadig, maar ek voel al klaar soveel beter. Ek is self ook 35kg oorgewig en maak werk daarvan elke dag. Ons huisdokter het wel vir my die raad gegee om seker te maak dat jy op ‘n lee maag gaan oefen, want as jy vir ‘n uur oefen dan het jy nog vir ‘n uur daarna vet verbranding. Die voordeel daaraan is ook dat mens nie so honger is na jy klaar geoefen het nie. Dit is ook die moeite werd om na die GI plan te kyk, want dit laat mens werklik langer versadig voel (ek was ook een van daai wat nie sonder eetlusdempers kon klaarkom nie) en ek probeer ook nou om meer gereeld maar minder en kleiner porsies te eet. EK het die afgelope maand 3kg verloor met die oefening en minder eet en dis voorwaar heerlik om makliker in mens seklere in te kom en te voel dat mens se spiere nie meer pap is nie en dril nie! Sterkte aan elkeen, dis nie maklik nie, maar as jy daai besluit geneem het is jy al 90% oor die ergste!

  • zani

    Dit klink so maklik! Wel ek eht Mei besluit ek sal gewig verloor. Ek het Dr Cohen se dieet begin en is 4 1/2 maande later 27kg ligter (sklidklierprobleme en emosionele eter en al!) en is amper half pad na my 58kg om te verloor. Kyk na sy website http://www.1stpersonaldiet.com en sterkte aan almal.

  • Estie Neethling

    Jy is n inspirasie! Ek woon in Engeland en het op die wonderlike ouderdom van 50 ook die lyf aangepak en basies dieselfde as jy gedoen, maar vleis en drank en "carbs" heeltemal uitgesny vir 3 maande en 20 kg verloor!!!!Ek het tonne vrugte en groente en neute en sade vermorsel en voel great. Dis nou 10 maande later en ek staan nog vas. Het darem al lankal weer normaal begin eet…die geheim is niks tussen-in nie en niks soetgoed nie en baie water…maar dis baie swaar, veral hier waar kos so goedkoop is en sjokolade nog meer.Natuurlik nog nie tevrede nie, maar bang om te veel plooie te kry!!!!Hoop jy staan vas en aan almal…as ek en jy dit kon doen, dan kan almal dit doen. Begin net!!!!ONE DAY AT A TIME.

  • Dollie

    Baie geluk dis fantasties. Maar ek kan met jou saam stem Annelise dis BAIE WAAR dat jy eers jou kop moet reg kry voor jy aan enige eet gewoontes kan verander ek werk nog aan my kop, maar daar is hoop vir my.

  • Melinda Rossouw

    Baie geluk Annelise, ek het ook al daardie paadjie gestap, en dit met W/less. Het die 1ste keer 50 kg verloor dit gelos en weer van dit opgetel, het JAN weer begin en noual 20 kg verloor. Stap ook nou in die middae. Dit is ‘n harde pad wat gestap moet word maar op die ou end die moeite werd.

  • Hantie Jonker

    Baie dankie vir so n inspirerende verhaal van moed en deursettingsvermoee, ek glo dit was sekerlik nie maklik elke dag nie maar jy het vasgebyt en aangehou en dit is wonderlik. Om soveel kilogramme af te skud is sowaar n medalje werd en dit kry jy in die vorm van al die bewonderende oe wat nie glo wat hul sien nie. Ek sukkel om NET 10 KILOGRAM AF TE SKUD, so jy het al my bewondering vir wat jy bereik het. Bly by jou besluit en moet tog nie weer in die ou patroon verval nie hoor. Jy sal weer van my hoor op facebook.

  • Annelise Boot

    SARIE redaksie
    …ek is absoluut oorweldig deur Facebook versoeke en is aangedaan deur die verhale van dames wat in dieselfde bootjie as ek was/is. Ek sou graag ‘n VOOR en AGTERNA foto wou stuur of selfs van my tydlyn foto’s van die 3 jaar wou deel. Indien SARIE tydskrif sou belangstel om so mini-artikel te doen van my storie sou ek gladnie omgee nie en sal dit ‘n voorreg wees om dalk meer dames te inspireer.

    Indien u dit sou oorweeg gee ek graag my kontaknr 083 305 4487

    Groete
    Annelise Boot

  • Brenda Haasbroek

    Annelise…jinne vrou en haal my hoed vir jou af. Dit is stunning man. Ek self sit met ‘n ekstra "mensie" wat ek moet afskut. Dit is nie maklik nie en sukkel al vir baie baie jare. Seker al alles op die rakke by apteek en clicks probeer, maar nou ja….Soos ons almal maar het ek ook altyd ‘n verskoning of 3. Ek gaan defnitief my koffietjie moet verminder….Dankie vir jou Annelise ek het nodig om te weet ek is nie alleen in die ding nie…MWA

  • Anél King

    Annelise

    Baie baie geluk ! Ek is ‘n personal trainer en ek druk jou briewe dadelik om aan my kliënte te gee as aansporing. Ek het self ‘n hele paar ‘groter’ dames wat ek help oefen saam met die eetplanne wat vir hul uitgewerk is. Ek glo dat die twee hand aan hand gaan – veral die dissipline van beide. Dis ook egter die kopskuif wat gemaak moet word voordat die ‘vasbyt’-deel inskop! En dames hoef glad nie bang te wees vir weerstandsoefeninge nie – daardie gewigte waarmee geoefen word, laat éérs die cm wegsmelt en die selluliet verdwyn! Dit is ‘n volhoubare lewenstyl en glad nie onmoontlik nie!
    Well done girl – hou so aan! Jy is ‘n voorbeeld vir baie!
    Anél King 082 731 3432

  • Patty

    Annelise – ek ken jou nou baie baie jare en ek kan eerlikwaar sê jy is die mees inspirende persoon wat ek ken. Selfs toe jy oorgewig was was jy 100% opreg & FABULOUS! Al is daar nou soveel minder van jou (lyf) is die hart & persoonlikheid nog net so groot!

    Well done! Meeste van ons sukkel om 2kg winter gewig af te skud!

  • Suzette Bouwer

    Hi my sus Linelle en jy was saam oop skool en het die artikel vir my gemail omdat ek so 14 weke terug deel geword het van ‘n Weight & Lifestyle Management program hier by die werk. Ek het so 65kg om te verloor. Ons het die voorreg om saam met ‘n wonderlike trainer te werk en die gym is hier by die werk – dis alles gratis! Ek volg ‘n Low GI eet program (wat wonderlik is en my seun van 18 word vir die eerste keer nie honger en bly nie honger nie!!!). Ek het tot 6 jaar terug elke jaar die Argus fiets wedren gedoen maar toe gebeur daar iets en ek stop alles! Wat ‘n skok toe ek die eerste dag in die gym inloop!!!! Maar ek doen nou elke tweede naweek ‘n 10km fun run (ek loop dit natuurlik) en my tyd verbeter elke keer. Ek loop nou 7km in 57min!!!! Dirk het my ook in die Argus in en ek oefen hard daarvoor! Ek gaan dit definitief Maart weer aanpak saam met ‘n klomp nuwe vriende. Ek oefen 4 dae ‘n week in die gym wat wissel van aerobiese oefeninge en dan bietjie klein gewiggies om die "toning" te doen. Dit was wonderlik om te hoor dat jy deurgedruk het. Ek het in die 10de week my eerste persoonlik goal bereik – ek het 10.2kg verloor en ek staan nog sterk. Sterkte vir jou en ek hoop ek loop jou iewers raak. Ek gaan my mail adres vir Linelle gee sodat sy dit aan jou kan stuur as jy dalk wil kontak maak. Viva Life!!!!!!

  • SHEERENE

    FANTASTIES,EN BAIE GELUK. HOE LANK HET DIT JOU GENEEM OM JOU 100KG TE VERLOOR?

  • Annelise Boot

    Sjoe ek kry steeds briefies van mense wat belangstel om uit te vind van die proses….ek help graag! Daarom het ek ‘n groep gestig op Facebook,
    die naam is B+ en dis maar nog nuut. Ek beoog om daarin aangeleenthede aan te spreek wat mens verhinder om die kopskuif te maak, wat maak dat mens oor-eet en emosioneel eet! In die nuwe jaar plaas ek my foto tydlyn van my gewigsverlies.

    Ek sien uit daarna om jou op die FB groep te verwelkom. Geseëne Kersgety aan almal.

  • http://Google.co.za Retha Basson

    Annlise jou verhaal is wonderlik! Dit kan gedoen word ek weet want ekself het dit reggekry. Januarie 2009 het ek 125kg geweeg en my boeglam geskrik. Ek het besluit om nie die woord dieet te gebruik want dan is my poging n flop! Ten eerste het ek besluit om gesonde en gereelde klein porsies te eet en ook net wanneer ek honger is. Ontbyt is n moet verder beteken middag en aand nie ek moet eet indien ek nie honger is. Partydae is my middagete eers om 3nm. Ek het ook gevind as ek om 2nm middagete geniet en om 4nm n piesang om my bloedsuikervlakke normaal te hou dan is n glas laevet melk voldoende saans. In die begin het ek myself n klein porsie soetigheid toegelaat slegs per geleentheid. Ek het toe met GI voedsel begin en kry glad nie meer cravings na soetigheid. Ek was ook n Cadbury ‘sjokolis’.Ek het myself vanoggend (13Jan2010) geweeg en weeg 77kg! n Volle 48kg ligter binne 13 maande. Ek weeg slegs 1keer per week. My doelwit is om tussen 60 en 65kg te weeg. My teiken datum is einde Desember 2010.
    My eetprogram lyk so:
    SOGGENS
    n Bakkie All Bran flakes of Hi Fibre Bran met laevet melk met n piesang ingesny.
    of Wholewheat Pro Nutro

    tussen in peusel ek aan n vrug/yogurt en provitas

    MIDDAGETE (tye wissel soos ek honger is)
    2 snye GI lean brood met bietjie margarien, laevet kouevleis, tuna, tamatie, blaarslaai en n vrug
    of
    Tuna of hoender pasta slaai met tamatie, komkommer en blaarslaai. n Gekookte eier word partykeer bygevoeg. (slegs 2 hardgekookte eiers per week) en n vrug
    of
    Gemengde groente in mikrogolf gaargestoom met bietjie aromat, stukkie vis of hoender en/of n klein gekookte aartappel en n vrug.
    Geen souse oor slaai, groente en pasta.
    Gebruik ook net aromat en matig.

    Namiddag versnapperinge;( wissel af)
    2 vrugte of houertjie yogurt of all bran muffin of pro vitas of 2 volgraanbeskuitjies.

    Na die baie kos sal ek SAANS net n glas laevet melk drink en dalk n vrug eet.
    Indien ons saans gaan uiteet dan sal ek slegs n ligte slaai/klein porsie eet.
    Ons braai ook gereeld dan sal ek n porsie hoender, griekse slaai en klein aartappel met aromat eet.
    Gevriesde laevet yogurt met vrugteslaai is n lekker nagereg.
    Ek drink daagliks 3-4 liters water, 2 koppies koffie per dag met 1t suiker en 1 glas vrugtesap per dag indien ek lus is daarvoor.
    Sterkte aan al my susters in nood!

  • http://Google.co.za Retha Basson

    Wil net byvoeg dat ek en my gesin daagliks so om en by 6nm vir omtrent n uur vinnig gaan stap.
    Die stap en gesonde eet leefstyl het my gehelp om 48kg in 13maande te verloor.

  • Anita

    Dit gee my moed. Ek is op "die dieet waarvan almal praat" en dit gaan goed. My kop is reg en ek het sover 8,6kg verloor. Enigste probleem, ek is te haastig…

  • Juanita Etsebeth

    Hi Annelise,

    Ek wens ek kan dit regkry! Moet so 20kg verloor, sukkel baie en niks wil werk nie! Ek gaan jou voorbeeld volg en van nou af eerder die skaal en spieel vermy!

  • http://rjhixbjvdryr.com/ uekiptt

    tRdhlV psiwijyfibon, [url=http://xoyfmbdmhkut.com/]xoyfmbdmhkut[/url], [link=http://lzbzxhdhqvll.com/]lzbzxhdhqvll[/link], http://aimdpydbpmvh.com/

  • annette

    ek weet presies hoe jy gevoel het na jy soveel gewig verloor het, ek het verlede jaar besluit en is moeg van hoe ek lyk en op Annique se verslankingsprogam gegaan-ek het presies 23 kg verloor-wil nog 10 verloor dan weeg ek 70kg wat my eintlike doelwit is! ek dink die groot ding lê daarin dat mens moet genoeg eet, en nie jouself martel nie. Dit was die beste besluit wat ek kon neem en my man is baie trots op my en dit is heerlik om moi te kan aantrek en kompliment te ontvang! My selfbeeld het geweldig verbeter! Nou besef ek hoe wonderlik dit is om ‘n vrou te kan wees!

  • http://www.mindoverfatter.co.za Tanya Joubert

    Hello daar, sjoe dit is so die waarheid wat jy praat – dit begin alles hierbo en een van die vreeslikse goed om te oorkom is die ding van om dit vir ander te doen, want eintlik is dit waar die groot verloor reeds begin. Ons maak ons self so swaar met al die goed wat ons vir ander doen, en hoe vet ons is en hoe groot ons klere is, ai daardie gewig is werklik iets wat baie swaarder is, as die gewig in kilos wat ons dra

  • Dolla

    Is daar nie meer detail oor die eetplan beskikbaar nie. Ek is 30kg oorgewig en wil huil elke keer as ek in die spieel kyk. Ek het ook nou tot die besef gekom dat dieet nie werk nie want jy ly honger die 1 week en dan tel jy dit weer net so op. HELP ASB OM ‘N ONGELUKKIG VROU WEER MOED TE GEE.

  • Annelise Boot

    Dolla, kontak my asb op Facebook dan gesels ons so bietjie! Daar is altyd hoop girl, altyd!

  • Emmerentsia

    Wow is ‘n wonderlike inspirasie. Ek het self 80kg om te verloor en is baie negatief oor myself. As mens sulke dinge lees gee dit ‘n ou weer spoed. You go girl!

  • Meryl

    Annelise, dit was seker n doel dat ek nou vandag die wonderlike selfervafing kon lees wat jy ondervind het, en dit klink so baie na myself, al dieng is ek is nog steeds baie oorgewig 60kg en het wens tyd ook nie n goeie hart nie, en ek het vrydag gehoor dat my pa wat 18 mnde terug oorlede is, nou na die postmorteum is bevind dat hy n erge heart siekte en vernouing van sy are gehad het, want sy dood was ondersoek wens dat die oorsaak van dood nie duidelik was nie. Nou die hele naweek loop ek met n swaar gemoed want ek wil regtig nie die selfde pad loop en nie die geleentheid kry om my klienkinders getroud te sien nie. Ek het verlede week 47 geword en vrydag besef, ek het nie maer lyf,vrindinne en ook nie enige vorm van oefening, en dat ek met tyd my so afgesonder het dat ek nou net n eensame oorgewig mens is wat glad nie trots daaroor is nie, en smag om net weer n normalle goeie gewig vir myself te kan weeg en so ook beter te kan voel en dan as ek dit net kan regkry n langer leeftyd kan he en meer lag as om te sit en top. Eensameheid en gewig en onfuksheid is n slegte ding en gewoonte, so help my om weer om heel te voel!!

  • http://ebkuavpwfwdf.com/ nfrarbxe

    GoK7Zr xxtzqqcmpfen, [url=http://otfmkjtfafep.com/]otfmkjtfafep[/url], [link=http://fcnemuaxlrlj.com/]fcnemuaxlrlj[/link], http://kxamcwnjlqih.com/

  • Gertruida

    Hoe lank het dit gevat om die gewig te verloor?? Het sy nie dalk ook ñ Gastric bypass gehad om haar so ñ bietjie te help nie?? Dit is fantasties dat sy so baie gewig verloor het.

  • T

    Hi almal,
    Ek moet se ek was al op seker amper elke dieet pil en dieet wat jy aan kan dink en het nog nooit so lekker verloor soos met Die dieet waarvan almal praat nie. Ek het in 8 weke 10kg verloor maar bygese, doen bietjie oefening. Hou nie eintlik van gym ni, so het dans mat gekoop en dans so 1 – 1 en half uur lank. Ek het ook glad nie honger gely nie en alhoewel baie vleis in die begin bring hulle stysel ens stelselmatig terug in jou dieet. So ja, ek glo, waar daar ‘n wil is, is ‘n weg.

  • moknwc

    8zJtC3 ephideboegvr, [url=http://fgzfwggddcsc.com/]fgzfwggddcsc[/url], [link=http://chlnxvidbqpk.com/]chlnxvidbqpk[/link], http://rluhmzvzpwcc.com/

  • yqvlztmbfp

    RRrOby ywlkpxltblbp, [url=http://hcmqcuipmoyw.com/]hcmqcuipmoyw[/url], [link=http://tadpbntjmuhc.com/]tadpbntjmuhc[/link], http://zzcljsxzfnfz.com/

  • sue

    help my asb

  • Wilna le Roux

    Ai, ai ons is almal in dieselfde bootjie. Se altyd ek kan my eie boek skryf oor diete en korrekte kosse, maar die kopding is die belangrikste. Ek het ongeveer 40 kg om te verloor en dit voel so ver ………..
    Het al seker 10 keer by W/less aangesluit en dan weer gefaal. Spandeer baie dae in hotelle vir workshops, dis my probleem. Maar jy is my inspirasie en ek moet net n plan maak. Dankie dat jy dit
    met al jou "sussies" deel.

  • Rene de bruyn

    Hi Julle

    sjoe om oorgewig te wees is maar n groot stryd vir ons almal ja ek is ook al die jare wat ek kan onthou oorgewig en ek was ook al op als !!! en ek is moedeloos en dis so waar ek is 39 word nou Desember 40 wil nie eers n partykie hou ek voel en lyk soos n olifant as daar fotos geneem word hardloop ek weg ek lyk altyd so sleg, wat my probleem is ek word erg honger en dan kry ek daai cravings vir als en dan wil ek mal word
    ek is 1.65 lank en weeg so 130kg my voete begin seer raak as ek lank staan en loop en as daar iets verkeerd gaan dan se ek dis omdat ek so vet is .
    Ek het al gewonder hoe wonderlik sal dit net wees om eendag n normal nommer rok te dra ek praat van 38 en nie net altyd by die xxxx large klere te koop en hoe sal dit voel om by n gly -baan af tegly en perd te ry en berg te klim en gesond te voel en te lyk
    sodrae iemand wat groot is in die winkel loop met n koeldrank of n pakkie Chips dan het die mense altyd iets te se soos nou die dag toe hoor ek hoe se n ander girl vir haar man boyfrend maak my dood as ek soos die vrou hier voor ons lyk ek het so sleg gevoel ek wou nog iets se toe weet ek nie waar om my kop in te druk die dieet waar van almal praat ek sien en lees en hoor dis die beste MAAR DIS SO BAIE GELD en ek het nie !!!! daai geld is daar nie n manier wat ek kan gehelp word of op die dieet te kan gaan sonder om die klieniek te besoek.

    Asb wie kan my help
    Rene

  • Heila

    Dis alles so fantasies en klink so reg, maar my probleem is my kop is reg as ek opstaan tot vir die helfte van die dag, dan hou ek net aan eet, vanaand as ek in my pajamas klim wat heeltyd opskuif oor my maag skep ek moed vir die volgende dag, ek verdra nie my klere wat so optrek nie, maar hou net aan eet, dit voel of ek meer vraatsig begin eet, ek kyk programme van oorgewig mense en wil nie so lyk nie, maar kan nie stop nie !! ek probeer hard elke oggend maar kan nie een dag volhou nie, my klere rol op my maag wil uithang, zips kom nie toe nie, en my maag skud as ek tande borsel, maar STOP KAN EK NIE STOP NIE, EK HUIL BAIE MAAR MY KOP WIL NIE SAAMWERK NIE !!

  • Amanda

    O genade, my BMI is 42 (amper net soveel soos my ouderdom), en dit beteken ek is “Morbidly Obese”. Of in plain Afrikaans, ek’s ‘n morbiede bees!!! Hoekom doen ek dit aan myself om altyd op ‘n Maandag diete te google, is dit omdat ek so skuldig voel oor ek my weereens oorvreet het die naweek! Ek is so moeg vir die groot lyf wat ek heeltyd moet saamsleep. So moeg om omsingel te word omdat ek te dik is om net pleinweg omhels te word. Ek google vir die hoeveelste keer kits dieet oplossings en verwonder my aan die mense wat 20kg in ‘n maand verloor het. Die sommetjies in my kop sê ek kan in minder as 3 maande die 55kg ekstra vet wat ek saamsleep verloor. Gmpf….. Makliker gesê as gedoen. Die kenners wat sê jy moet net ‘n “mindshift” hê, het geen clue waarvan hulle praat nie. As ek my mind nog ‘n keer moet shift land ek beslis iewers op waar jou kop gelees word elke dag.
    Nou hoe dan? Wat moet ek doen om darem okay op ‘n foto te lyk en nie die kalklig steel omdat ek soos ‘n baba olifant die hele foto vol staan nie. Wat moet ek doen om darem in ‘n normale winkel ‘n normale groote klere te kan koop en nie altyd langsaan by “Rent a Tent” moet aanklop nie.
    Ek probeer regtig hard om nie depressief te word oor die hele aangeleentheid nie, maar is ook moeg om hanswors te speel net om te maak asof die aanmerkings my nie pla nie asof dit my nie pla om XXXL klere te koop nie. Dit my nie pla dat almal om my maerder en sodoende mooier en fikser is nie.
    Hoe smag ek dat my man net soms met bewondering na my kyk of ander my vra, sjoe, jy lyk so goed, wat het jy gedoen nie?
    As daar enigiemand met raad daar buite is, laat weet my, want ek gaan nou alles beproef en julle op hoogte hou op my Blog. Enige Dieet plekke wat wil hê dat ek hulle produkte en dieete gratis beproef is ook welkom om my as ‘n Guinea Pig te gebruik al is dit net om hulle produk te adverteer. Ek sê julle, ek is hardop en raadop en ‘n girl op ‘n mission.
    Miskien kan ek ook dalk een van die dae die langpad aandurf op n Harley, met leathers wat ek nie nodig gehad het om 20 beeste te slag vir een baadjie nie. En miskien, net miskien word hierdie ‘n sprokie en kan Cinderella die glasslipper aan haar fyn voete kry.

  • lorraine

    ek weeg 55.5 en wil 6 veloor ja almal se ek hoef nie maar ek wil want ekt n seun wat nou 9maande is en ek sukkel om dai vet weg tekry ja ek oefen en eet reg maar dit werk nie en ek wil graag mooi lyk vir my ou kan julle asb my raad gee wat ek kan doen.

  • Lurraine

    Wow! Great tihnikng! JK