srstock_clint
Eie stories

SARIE-fotograaf se skoonsuster deur ‘n leeu doodgebyt

Haar lewe het gedraai om die versorging en rehabilitasie van verwaarloosde en beseerde wilde diere by die Chipangali Wildlife Orphanage in Zimbabwe, berig Die Burger.

Lotz het drie jaar gelede ook vir twee jaar by dié sentrum gewerk en is onlangs deur hulle genader om weer te kom help.

Die werkers was tydens die voorval glo besig om die hokke skoon te maak. Volgens ‘n Facebook-inskrywing van die diererehabilitasiesentrum, het die leeu die hek oopgestoot en deur ‘n kleiner hek, wat gebruik word om gras in die hokke te gooi, gekruip.

“Ons sukkel nog om die fynere besonderhede van die voorval te kry omdat die telefoonlyne in Zimbabwe probleme gee.

Sy was baie lief vir die diere en het verwaarloosde en mishandelde leeus, jagluiperds en luiperds versorg. Sy het altyd wilde diere as troeteldiere gehad,” het Lubbe gesê.

Dit gaan nie goed met my vrou en skoonma nie. Ek dink dit moet baie erg vir hulle wees, omdat hulle hul voorstel wat met Robyn gebeur het en hoe die leeu haar aangeval het. Dit is verskriklik om te weet jou kind is deur ‘n leeu verskeur. Dat ons ook nie al die besonderhede het nie, is ook vir ons erg.”

Lees die volledige artikel by Die Burger

Kyk die galery van ‘n paar voorbladfoto’s wat Clinton Lubbe al vir SARIE geneem het

 


  • elize

    Ons innige simpatie met julle groot verlies. Een troos is sy het gesterf terwyl sy gedoen het waarvoor sy die liefste was, mag God julle krag gee om hierdeur te kom.

  • Cathy Scholtz

    My innige meegevoel, ek bid vir haar moeder, familie en geliefdes.

  • heila

    ons dink aan julle in hierdie hartseertyd….bid vir julle