Eie stories

SARIE-kosredakteur Herman Lensing blog uit Thailand

Hulle is só gasvry en is altyd besig om te vertel van hul amazing country. En glo dit of nie, die vuvuzela is nou ‘n gewilde instrument waarmee toerleiers hul toergroepe bymekaar roep! (Sien foto.)

Een ding wat ek en Miné gemeen het, is ons liefde vir kos, en glo my, Thailand is propvol lekker kos. Oral waar jy gaan, sien jy kosstalletjies en markte wat oorloop van die mooiste vars vrugte en groente.

Een van die hoogtepunte tot dusver was die mooi tempels in Bangkok. Die aandag aan detail is amazing! Iets waaroor ons nou nog lag, is ‘n mark in Bangkok wat op ‘n treinspoor geleë is. Ja, glo dit, reg op die spoor (sien foto). Mens trap so tussen die spore, die vars vis, fake hemde en groente deur. Wat dit vreemd maak, is elke 4 uur hoor jy iemand skree, dan word jy vinnig uitgejaag en almal skarrel om hul winkel weg te pak! Dan ry die trein verby en alles word weer teruggepak. Dis nou iets om te sien!

Miné (regs) by een van die kookskole Herman en die span voor &aposn tempel in Bangkok Miné by een van die kookskole
Miné by een van die kookskole Die span voor ‘n tempel in Bangkok Miné by een van die kookskole
Herman en Miné by &aposn olifant &aposn Mark op &aposn treinspoor in Hongkong Die vuvuzela is na die Wêreldbeker baie gewild!
Herman en Miné by ‘n olifant Die trein loop regdeur ‘n mark
in Bangkok
Vuvuzelas nou ‘n gewilde instrument waarmee toerleiers hul toergroepe bymekaar roep!

Die kookskole hier is ook fantasties. Ons leer daagliks van smaakbalans, en wat dit beteken om die beste van die seisoen te eet!

Natuurlik is dit ook die land van olifante. Miné en ek het die geleentheid gehad om hulle te voer en van naby te ontmoet. Hulle oë laat my dink aan die nuwe Toyota-advertensie met Buddy, die bokser. So hartseer, maar sodra jy hulle iets gee om te eet helder dit op van blydskap!

Môre gaan ons na ‘n olifantkamp in Chiang Mai. Dan gaan ons die kans kry om vir 2 ure op dié heilige diere te ry. Ek kan nie meer wag nie! Woorde is te min om te vertel hoe fantasties die land is.

Maak seker jy kyk uit vir ‘n volledige artikel in SARIE en hou www.sarie.com dop.

Ek moet nou eers gaan! Ons gaan nou fietsry tussen die ryslande. (Ek weet nie hoe ek daai een gaan doen nie, want ek het nie juis ‘n aanleg vir fietsry nie…)

Tot later!

Groete,

Herman