Eie stories

SARIE-model by Boris Becker se troue

Sy beskryf Boris Becker se troue wat op 12 Junie 2009 in St. Moritz, Switserland, plaasgevind het, as “sprokiesmooi”.

Nerina was al baie in Europa, maar ná hierdie besoek aan Switserland, Duitsland en Italië het sy besluit om haarself vir die volgende 3 maande as model in Duitsland te vestig. Sy het al in meer as 40 advertensies regoor die wêreld gespeel en doen al die laaste 7 jaar modelwerk.

Meer oor Boris en sy liefdes
Boris het op dramatiese wyse vir Lilly om haar hand gevra:
voor 9,7 miljoen Duitse kykers op die gewilde TV-program Wetten, dass . . .?, waarop Jennifer Aniston en Owen Wilson ook gaste was.

Kyk hier na die program.

Oorsee is Boris blykbaar bekend as ʼn haan onder die henne en aanhangers hou nou hoopvol duim vas dat hy rustig sal raak saam met sy nuwe liefde.

Tans is Boris ook ʼn professionele pokerspeler met sy eie webtuiste wat podcasts van sy daaglikse lewe wys.

Die voormalige Formule 1-wêreldkampioen Mika Häkkinen en prins Albert van Monaco was ook onder die gaste.

Nerina is ook te sien in Bok van Blerk se nuwe opspraakwekkende “Tyd om te trek”-musiekvideo. Klik op sy naam om na sy webtuiste te gaan en na al sy video’s te kyk.