Eie stories

Skei sal my nie onderkry …

Dit was ’n woord wat ander mense gebruik het, maar skielik is dit in ons midde. SKEI – jy het gekom soos die spreekwoordelike dief in die nag. Lewens omver kom gooi. Kinderharte in stukke kom breek. My geliefdes loop deur onder jou verwoesting.

Soos iemand eenkeer gevra het: “Hoe liewe Vader, hoe aanvaar mens terwyl elke vesel van jou liggaam en elke opwelling van gemoed weier om oortuig te word? Hoe leer mens jou hart om te glo wat hy nie wil glo nie?”

Dan kom God met die antwoord: “Laat alles in My hande oor.”

So nou SKEI, staan ek vreesloos voor jou! Ek is nie meer bang nie, want ek weet dit wat platgetrap is, sal weer opstaan. Dit wat in stukke gebreek is, sal weer heel word…

Vreesloos, Noord-Kaap