Eie stories

Steve Hofmeyr oor die fliek Eat, Pray, Love

“‘n Mooi chickfliek van die grootste chickboek in die geskiedenis. Ek ken selfs mans wat dit gelees het. Wel, twee mans. EAT PRAY LOVE, beter bekend as die handleiding van regstellende aksie vir ingedoende vrouens – waar mans gewoonlik die oorsaak is van hul beroeringe. Wie anders?

Eintlik word vroue se vatbare ego’s daarin verwoord en besweer maar net die verskille tussen ons planeet en julle s’n. As vroue se wêreld uitmekaarval (soos in ‘n verhoudings) stop die planeet vir almal. Asof dit net met vrouens kan gebeur. Dames doen dan DIY selfhelpkursusse en skakel freneties tussen Dokter Phil en ou Friends episodes oor. Dit doen hulle onder die dekmantel van ‘n Cosmopolitan-omslag, twee komberse, een selfoon en baie rooiwyn. Alles wat mans oor ‘n koue bier oplos.

By gesê, my ondervinding van Oosterse oplossings vir Westerse probleme, is dat dit die domein van ryk, gef*kte vrouens met massiewe ego’s en sommer baie tyd is. Om óm die wêreld te reis vir verlossing is om aan ander te vertel dat jou probleme groter as hulle s’n is en dat werk altyd kan wag. Wie hoef te werk as hulle oor daai bliksem Bennie kan kom met ‘n daiquiri op ‘n strand in Bali?

My eie flirtasie met Boeddhisme het my geleer dat daardie zennerige tekorte aan suurstof alleen werk as jy jou op ‘n Tibettaanse berg in Sjangrila kan isoleer met windharpe en Lao Tzu. My vraag was altyd: waarvoor tel geestelikheid dan as ek dit nie ook kan inspan vir gewone mense se gewone pyn op enige plek, op enige ouderdom vir enige geslag en enige geaardheid nie? As God, gode of my eie goddelikheid my slegs kan aanraak buite my lewensfeer waar die kar breek, die kinders skree en Jan Taks wag, word spiritualiteit oorbodig. En daardie vervlakking sal tragies wees.

Oukei. Ek is ‘n man. Wanneer kan ek ooit vroue voorskryf? Nooit, natuurlik. Maar so ‘n fliek is vir my ‘n omgedopte realiteit soos Julia Roberts se lippe onderstebo is: die dikker een is bo en ek voel ek kyk die fliek op my kop.

Hierdie fliek wat voorskryf dat oplossings vir middeljarige krisisse in die spasies tussen die kombuis, die ghoeroe en romanse lê, som nie net die vrou se heelal op nie, maar die man se frons elke keer as ons filosofieë soos asteroïede mekaar invlieg.

Dis ‘n goeie, mooi fliek wat twee ure te lank is. Julia speel haar weerlose self goed teenoor werklik besonderse spel deur drie manskarakters. Die fliek sal goed wees vir Italiaanse kos, Indiese musiek en wegbreek-weke Bali toe. Maar die evangelie sal slegs inskop as jy tuis jou deur oopskop en bevryding sien as iets hier binne, nie daar bo of doer buite nie.”

Lees Steve se volledige blog op Jacaranda 94.2

WAT HET JY VAN DIE FLIEK GEDINK?

  • Annelie le Grange

    Haha Steve, jou slimkind. So jy merk toe werklik ‘n lip-"flaw" in die beeldskone Julia op. Wat ‘n verligting dat die beeldskone een darem ook ‘n ou foutjie het. Vind jou insig in die verlore-gebroke-vrou-situasie nog meer insiggewend. Dalk moet ons ons "big girl panties" aantrek en die situasie eerder takel voor ons op vlug slaan

  • Giselle Piscaer

    Ek het nog nie die boek gelees nie, maar die film, het nie aan my verwagtinge voldoen nie. Ek kon nie met Julia Robberts se karakter vereenselwig nie, want om eerlik te wees, ek weet sy is gelukkig getroud met 3 kinders en die white picket fence. Dalk moes ‘n minder bekende aktrise die rol vertolk het, een waarmee ek myself kon vereenselwig om die fliek meer geloofwaardig te maak. Die lewenslesse wat hier geleer word, is te kort verpak, die woorde en gesigsuitdrukkings te clichè, en daar is baie hoekoms en waaroms in my praktiese, realistiese brein op… soos hoe kon sy bekostig om vir ‘n jaar lank vakansie te gaan hou???? Lê die antwoord in die boek???? Ek stem saam met Steve, om op ‘n vliegtuig te klim en die vreemde aan te durf in ‘n krisis tydperk van ‘n mens se lewe sit nie in elke vrou se begroting nie, en Italiaanse Kos, Meditasie en mooi strande gaan my nie heelmaak nie, want dit is nie my realiteit nie.
    Ek moet elke dag aanpak, met die nagevolge van al my keuses, en om weg te hardloop is nie die antwoord nie, want nagevolge, volg jou na. Die fliek was net te oppervlakkig, en die verhoudings wat "Liz" in haar reis met ander opgebou het, net nie geloofwaardig deur Julia vertolk nie. Javier Bardem het meer emosie by my opgewek as wat Julia gedoen het. Miskien sal die boek meer vir my beteken as wat die fliek het.

  • Adelene Posthumus

    Ek het gedink die fliek was pragtig! Die boek is natuurlik baie meer lywig en veral die gedeelte in Bali was baie meer lywig en interessant en spannend….. Mens kan verstaan dat hulle nie ‘n tiende van die boek kon insit nie! Verder wil ek net vir Steve se….movies gaan nie oor reality nie…movies is daar om vir jou te laat relax! Te vergeet van al die werklikheid om jou…vir ‘n rukkie….so what as dit nie realisties is nie. Hoekom moet dit aan werklikheid gekoppel word of mense se gevoelens….dis daar om te enjoy!

    En wat Julia se lippe betref….ja haar bolip is nie perfek nie, maar sy is gelukkig om daarmee saam te leef…sy het innerhappiness…as jy innerhappiness met jouself gehad het Steve sou jy nie sulke trop naarhede oor ander mense kwytgeraak het in die openbaar nie…ek haat eintlik myself dat ek hou van jou stem en musiek, want jys wragtig ‘n plein ongemanierde mens wat daarop uit is om mense seer te maak met jou mond aan die een kant en te verly met jou mooi woorde in jou musiek aan die ander kant…wat is jou ander personality se naam, want dit lyk my jy ly aan multiple personality disorder!

  • Hannelie Berrange

    Alhoewel ek die boek (amper) aanbid, stem ek saam met Steve. Ek dink baie mense wat die fliek kyk en nie die boek gelees het nie, nie sal verstaan waaroor die groot bohaai gegaan het nie! Lewensveranderende boek, o.k.-erige fliek.

  • Mariska van Rooyen

    Elizabeth Gilbert se soeke na liefde definieer haar lewe en in kort is haar boodskap dat die liefde jou red. Sy gaan op hierdie tog om haarself te vind, maar is in Italie nog saam met David en vind ‘n paar maande later weer liefde in Bali. Dit laat haar met ‘n skamele plus minus 6 maande om "haarself te vind". Ek dink daardie 4 maande in die ashram was hel bloot omdat sy vir die eerste keer in haar lewe vir ‘n kort rukkie alleen was. (Hoewel David haar daar ook nog gekontak het.) Ek vermoed dat as Richard van Texas enigsins aantrekliker was sou sy ook ‘n verhouding met hom gehad het! Ek kon nie sien (ook nie juis in die boek nie) dat daar werklik verandering en groei in haar karakter was nie. ‘n Karakter wat groei kan ook haar eie aandeel sien in mislukkings – sy het immers self al hierdie "onperfekte" mans gekies om haar lewe mee te deel, hoekom dan? Dit lyk of Elizabeth glo dat jy jou geluk kan verbeter deur nuwe keuses en opsies uit te oefen. Dit gee jou maar net ‘n nuwe man met dieselfde ou probleme. So ja, ek stem saam dat die fliek dalk vroue wat ongelukkig voel in verhoudings die groen lig gee om die dam onder die eend uit te ruk. Maar ek verstaan ook hoe moeilik dit is om uit ‘n verhouding te loop wat nie meer werk nie en waarin jy jouself verloor het. Maar ek wonder, as ons heeltyd ander se behoeftes eerste plaas en probeer om hulle te "red" en in die proses al ons reddingsboeie uitdeel, kan ons nie eintlik iemand blameer as dit voel of ons verdrink nie. As ons onsself meer gun en elke dag die dinge kies wat vir ons belangrik is, sal dit nie nodig wees om stert tussen die bene te vlug uit ‘n onvervulde lewe nie. En dan, wanneer jy wel toer, sal jy Indie toe kan gaan en actually die Taj Mahal sien.

  • Steve

    Ek is nogal n groot aanhanger van jou kop se dinge, glad nie jou looks of lyf nie, maar wel jou energie. (Net vir ingeval jy gewonder het, daarom die stukkie nuttelose inligting.)

    Ek dink die resensie oor "Eat, Pray, Love " is soos altyd met jou skryfwerk skerp, ek glo egter jou manlike ego staan hier bietjie in die pad van waaroor die fliek of erg vervelige boek eintelik gaan. Dit het hier wienig te doen met die man wat die vark in die verhaal is(volgens jou: weereens…bietjie van n victem-menatlity vir my hier, maar nietemin…). Dit gaan bloot hier oor die moed he om n keuse te maak en regtig te luister na die stem van jou eie siel, as iets nie werk nie, hier toevallig n verhouding, moet jy die moed he om te se:" I need out! I need to breath for myself" En DIT vat maar moed ne? Dit kom egter nie sonder die gewraakte skuldgevoelens nie, nie oor jou besluit nie, maar die ander se pyn en die ander party se onvermoee om sy pyn emotioneel intelligent te hanteer.

    Wat die reis vir n jaar aanbetref, so het ons maar almal ons ou maniertjies om "Change" te hanteer! Moet se: Nogal n goeie keuse vir my wat die vrou gekies het!!

    Ek vind ook maar die meditasie ding moeilik, en ek skryf dit toe aan my ADHD geneigdheid, ek probeer nietemin steeds, want soms AS ek daarin slaag om die innerlike stilte van my siel te bereik, is dit waaragtig salig…maar dis nie vir sissies en "hensoppers " nie. You have to persist!

    My take op die fliek: Lekker vermaak… en gans te oppervlakkig om so n reaksie van jou te ontlok! Spaar jou greatness vir iets meer gewigtigs.

    Terwyl ek jou siening gelees het, het dit gevoel ek luister na n "Patricia Lewis" song, terwyl ek meer n "Lize Beekman" aanhanger is.

    Groetnis

    Liza Gresse

  • Sevoet

    Baie oulik gestel Ani.
    Nadat ek die kommentaar van almal gelees het, brand ek steeds om die fliek te sien. Ek is mal oor ‘n goed-voel fliek. Dalk is dit ook een? Ek is moeg vir moord en doodslag!

  • 7veEbL msuhoghyrtif, [url=http://mdtxgxcxojep.com/]mdtxgxcxojep[/url], [link=http://nfzcuisdydld.com/]nfzcuisdydld[/link], http://dkxsuigkiynu.com/

  • www.sarie.com

    Www sarie.. Keen 🙂

  • www.sarie.com

    Www sarie.. Dandy 🙂

  • a43p tits a02f

    Www sarie.. Bully 🙂

  • Claudia Daniels

    Na al di kommentaar wil ek graag di fliek sien. Klink cool