sr1005hjg_4_
Eie stories

Susan Larney help haar dogter herstel na ‘n ernstige motorongeluk

Vandag is sy gesond en onafhanklik en elke Moedersdag besef Susan hoe gelukkig sy is om steeds haar kind in haar lewe te hê.

“As ek vandag na Lindie kyk, sien ek ‘n wonder werk waarby geen mensehand betrokke was nie. Ná die ongeluk moes ek haar leer om te sit, te praat en te loop. In ‘n stadium kon sy nie eens haar speeksel sluk nie. Sy was drie maande in ‘n koma en daarna twee weke in ‘n semi-koma.

Ek het haar huis toe gevat en met die herstelproses begin. Ek het al haar ou speelgoed uitgehaal en ook speelgoed by vriende gaan leen. Ná 400 uur van speel het sy my met Rummy gewen. Dit klink dalk eenvoudig, maar toe sy uit die hospitaal gekom het, kon sy nie eens ‘n legkaart met vier stukke bou nie.

Lindie was nog altyd ‘n uitblinker. Voor die ongeluk het sy vir ‘n B.A.-graad met wiskunde en sielkunde as hoofvakke aan die Universiteit van Pretoria gestudeer. Nege maande ná haar ongeluk is sy terug universiteit toe. Sy het wiskunde met opvoedkunde vervang. Ek het haar in ‘n rolstoel op die kampus rondgestoot en buite klasse vir haar gewag.

Sy ‘t daardie jaar met ‘n gemiddeld van 55% geslaag. Die volgende jaar het sy met ‘n kruk rondgeloop en die laaste jaar met net ‘n kierie. Sy ‘t haar graad byna met lof geslaag.

As so iets met jou kind gebeur, leer dit jou om te vertrou.Haar toekomsdrome lê ewe skielik aan sker we. Dan wag jy om te kyk watter nuwe drome die Here vir haar gaan gee. Sy            
‘n goeie selfbeeld gegee.
 
Sy is nou 30 jaar oud en het ‘n permanente pos by Tukkies se fakulteit opvoedkunde, sy bestuur self haar motor, woon ophaar eie en het selfs weer begin studeer.