Eie stories

Tallie blog: Alles is vervangbaar

Die feestyd het gekom met groot afwagting, en ons het die voorreg gehad om vir ons kinders en kleinkinders in Amerika te gaan kuier. Gejas, gehandskoen en geserp het ons elke nou en dan die koue buite aangedurf na die winkels. Ons in Afrika ken nie koue soos daar ver nie. Ons huise en klerekaste is glad nie ingerig vir wat hulle daar meemaak nie. Soms was die temperatuur 10 grade onder vriespunt.
 
Ek het my net weer verkyk aan hoe mense kan koop. Vir ‘n land wat nog swaar aan die nagevolge van die resessie ly, het my mond soms oopgehand om te sien hoe mense met oorlaaide trollies die winkels verlaat. Hoe het dit gebeur dat die mensdom aan hierdie koop-“honger” siekte begin ly het? Amerika sit met ‘n hoer as normaal werkloosheidsyfer, mense verloor nog by die duisende hulle werk. Terwyl ons daar was, het ‘n groot winkelgroep 120 takke gesluit. Sommer net so. En dit ‘n dag na Kersfees.
 
Ons het niks geskenke vir die kleinkinders gekoop nie, maar dit goedgedink om vir elke kleinkind ‘n bankrekening oop te maak en liewer hul kersgeskenke daarin te plaas. Met hedendaagse tegnologie, plaas ons heel gemaklik geld hier in SA vir hulle oor na Amerika. Tog, het ek tydens gesprekke met Amerikaners agtergekom daar was net nooit ‘n behoefte om te sorg vir die dag van môre nie. Krediet was altyd beskikbaar, en daar was vir geslagte lank net nooit ‘n behoefte om te spaar nie. Alles is altyd reggestel met ‘n koopding.
 
Terug op eie bodem is ons begroet met die nuus dat ‘n pragtige jongman sy lewe in die see verloor het. Hy was ‘n skoolmaat van ons seun. As skoolseun was hy gereeld in en uit ons huis. Hy was slegs 24 jaar oud. Tydens sy begrafnis kon elke begrafnisganger die pragtigste klein plat klippie met sy naam op, saamneem as aandenking. Die klippies is opgetel op die strand waar hy vermis geraak het. Die kerk was vol en sy maats ontroosbaar.
 
Ons het verlede Saterdagaand tydens ‘n ete by vriende ‘n interessante oefening gehad.
 
Wat sal jy saamneem as jou huis aan die brand, verwoes, oorspoel? Jy mag net een item saamneem. Nie foto’s nie, want almal wil altyd foto’s van die een of ander aard saamneem. Dus, slegs een foto as dit ‘n foto moet wees.
 
Een gas het aangedui hy sal sy rekenaar neem, die volgende se saamneem was ‘n juweelstuk van ouma. Ek was doodstil. Al die artikels in die huis het deur my kop gegaan, en tot die besef gekom, alles is vervangbaar. Alles! Uit foto’s sal ek nie kan kies nie, foto’s is juwele wat ek vir altyd in my gedagtes en herinnering kan wegbêre. Die res is alles vervangbaar. Dit is dan wat mens besef met hoe min jy deur die lewe kan gaan.
 
Na die aflegging in Junie 2009, moes ek en manlief deur ‘n meul van emosies en groei gaan. Lekker was dit wragtig nie aldag nie, maar dis lekker om vandag terug te kyk en te sien hoe ons gegroei het, hoeveel ryker ons geword het – nie met materiële nie, maar in menswees.
 
Antoinette Pienaar, die dame van die Karoo wat uit die grond leef en vir elke skeet ‘n krui het wat alles regdokter, het eenmaal gesê, “gee die mense wat so koop kos, want hulle is honger”.
 
Ek gaan nog ‘n besigheid begin waar ek mense help ontslae raak van alles wat hulle opgaar – laat weet my as jy ‘n behoefte daarvoor het.
 
Ek begin solank bokse bymekaar maak vir al julle “uitgooigoed”.
 
Groetnis en onthou – lewe lig, lewe vir vandag en maak daardie verskil!

* Lees nog blogs deur Tallie
 
 

  • Chang

    die dresden-geschichte ist kein guter beleg. 1. kommt es seetln vor, dass ein direktkandidat kurz vor der wahl stirbt, 2. wird das negative stimmgewicht wohl abgeschafftund 3. hatte die nachwahl auf die mehrheitsverhe4ltnisse im bundestag keine auswirkungen, so dass eine . klage keinen erfolg hatt. ergo: undramatischer einzelfall.anders kf6nnte es aber sein, wenn es zum regelfall wfcrde, aus wahltagsbefragungen dadurch kapital zu schlagen, dass man versucht noch am wahltag zu mobilisieren unabhe4ngig ob die wahltagsbefragungen stimmen oder sich das jemand ausgedacht hat. wenn aber klar ist, es gibt keine solchen befragungen, entstfcnde kein problem zumindest kein juristisches.ein e4hnliches problem gibt es z.b. in den usa, wo durch die zeitverschiebungen die wahllokale nicht gleichzeitig gef6ffnet haben und die ersten ergebnisse schon bekannt werden, we4hrend woanders noch gewe4hlt wird.