tracey

FOTO Instagram (@Avukile)

Eie stories

Tracey en kêrel besoek Boedapest!

Bravo! en Heart 104.9fm se Tracey Lange en haar kêrel, Avukile Mabombo, reis die wêreld plat. Wel, dis hoe dit lyk as ons na hul blog, Travul Diary, kyk. Die twee het ’n reisblog begin en deel hul inskrywings weekliks met ons!

Tracey Lange is een van ons gunsteling-televisie- en radiopersoonlikhede en ons geniet dit om na haar en die mooi Europese tonele te kyk. Sy en Avukile skryf op hul blog oor nuwe restaurante, verblyfopsies, begrotings, reis-administrasie en meer; alles van hier in SA tot ver oor die water.

Tracey en Avukile het wonderlike wenke op Travul Diary gedeel vir dié wat daaraan dink om na Boedapest te reis of in Europa gaan toer.

Tracey skryf:

Boedapest: die weelderige naam wat ek al soveel kere gehoor het dat ek besluit het dis ’n besoek werd.

tracey

FOTO Travul Diary

Avukile skryf:

Ek het die eerste keer van Boedapest gehoor toe ek in graad 10 was. My skool het ’n kultuurtoer na Europa gereël en Boedapest was die enigste stad op dié reis waarvan ek nog nie gehoor het nie. Dit het my belangstelling geprikkel. Ongelukkig kon ek nie bekostig om op die toer te gaan nie, maar sedertdien het ek nuuskierig gebly.

Good morning #Budapest #TRAVULdiary #Baecation #ExpatExplore #EuropeJewel

A photo posted by Avukile Mabombo (@avukile) on

Tracey skryf:

Toe ek die eerste keer die parlementsgeboue sien, was ek sprakeloos. Jy sal nooit vergeet hoe mooi Boedapest is nie. Nadat ek my hart op Praag verloor het, het ek nie gedink ek sal weer so voel oor ’n plek nie. Ek was net ’n kort oomblik in Boedapest toe ek besef dat my liefde vir Praag eintlik net kalwerliefde was en die ware Jakob my nou getref het.

tracey

FOTO Travul Diary

Avukile skryf:

Ek weet ek klink nou al soos ’n ou plaat wat vashaak, maar Europese geboue is ongelooflik groot en die argitektuur is skouspelagtig. Jy kan nie glo dit kom van so lank gelede nie! Hulle het in 1885 begin bou aan hierdie parlementsgeboue. Boedapest is saamgestel uit drie stede: Buda, Pest en Obuda. Die Danube-rivier skei die Buda- en die Pest-dele van die stad.

Tracey skryf:

Die moeilik om te verduidelik hoekom, maar Boedapest was vir my aangrypend. Die stad het my hart uitgeruk en was nie van plan om dit vir my terug te gee nie. Ek het nie teruggeveg nie, want as iets só mooi ’n deel van jou wil hê, veg jy nie terug nie.

Hier is van ons gunsteling-dinge in Boedapest:

Buda-kasteel

tracey

FOTO Travul Diary

tracey

FOTO Travul Diary

Avukile skryf:

Ek is mal oor eenvoud. Buda-kasteel is op ’n heuwel met die naam Kasteelheuwel. Die kasteel was die amptelike woning van die Hongaarse koninklike families. Jy moet ook die Matthias-kerk met sy mooi geteëlde dak op die kasteelterrein besoek. ’n Toer van die kasteel en sy terrein kos sowat €35.

tracey

FOTO Travul Diary

Warm bron

Tracey skryf:

Hierdie fonteine het glo genesende eienskappe vir jou hart, ligaam en siel. Dokters stuur selfs hul pasiënte na die fonteine toe ná hulle medikasie ontvang het. Soms het mens mos net nodig om te ontspan.

Avukile skryf:

Een van die redes hoekom die Romeine die gebied gekoloniseer het, was die warmwaterbronne. Jy kan ook die warm baddens besoek vir genesing deur die water.

Vir meer inligting oor hierdie baddens, klik hier.

Wêreldoorlog-gedenktekens

tracey

Die Brother-in-Arms-beeld deur Kisfaludi Strobl Zsigmond. FOTO Travul Diary

tracey

“Skoene op die oewer van die Danube” herdenk die Jode wat tydens die Tweede Wêreldoorlog langs die rivier geskiet is. FOTO Travul Diary

Heldeplein

Tracey skryf:

Hierdie plein in die aand is asemrowend! Die beelde verteenwoordig die sewe stamme van die Hongare.

tracey

Sewe opperhoofde van die Magjare. FOTO Travul Diary

tracey

FOTO Travul Diary

Kroeë in ruïnes

Dit is een van die coolste areas van Boedapest. Dit het eens ’n florerende Joodse gemeenskap gehuisves, maar ná die Tweede Wêreldoorlog het dit agteruitgegaan en verwaarloos geraak. Die hipsters het dit onlangs begin ontdek en dis nou een van die besigste kuierplekke in Boedapest.

tracey

FOTO Travul Diary

Ons was na Szimpla Kert, een van die gewildste kroeë in ’n ruïne in die stad.

tracey

FOTO Travul Diary

tracey

FOTO Travul Diary

tracey

FOTO Travul Diary

Avukile skryf:

Daar is baie biere te drink en te proe wat perfek saam met ons hamburgers gegaan het. Uit die 3 biere wat ek probeer het, was The Union my gunsteling. Dit is Szimpla se eie bier en dis lig en maklik om te geniet.

tracey

FOTO Travul Diary

tracey

FOTO Travul Diary

Tracey skryf:

Ek voel baie romanties oor Boedapest. Dis asof hulle nie die oud wil vergeet nie en nou bring hulle die nuut en oud van die stad perfek by mekaar uit. Dis ’n besige stad wat die heeltyd aan die beweeg is, maar voel terselfdetyd baie warm en vriendelik.

Voor my vertrek het ’n kollega gesê as ek nie Boedapest geniet nie, sal hy vir die hele reis daarheen betaal. Hy was oortuig dat ek daarvan gaan hou.

Wel, hy kan sy geld hou, net soos Boedapest nou my hart hou.

Lees nou

Tracey se 5 dinge om in Praag te doen

Tracey Lange en haar kêrel deel vakansiefoto’s!

Tracey deel nog foto’s; kyk hoe mooi is die Rynvallei!