Tracey lange

FOTO Verskaf / Travul Diary

Eie stories

Tracey Lange en haar kêrel deel vakansiefoto’s!

Bravo! en Heart 104.9fm se Tracey Lange en haar kêrel, Avukile Mabombo, reis die wêreld plat. Wel, dis hoe dit lyk as ons na hul blog, Travul Diary, kyk. Die twee het ’n reisblog begin en deel hul foto’s met ons!

Tracey Lange is een van ons gunsteling-televisie- en radiopersoonlikhede en ons geniet dit om na haar en die mooi Europese tonele te kyk. Sy en Avukile skryf op hul blog oor nuwe restaurante, verblyfopsies, begrotings, reis-administrasie en meer; alles van hier in SA tot ver oor die water.

Op 15 September het hulle hul Amsterdamse kuier op Travul Diary gedeel. Lees hier en kyk na die pragtige foto’s.

Tracey skryf:

Amsterdam is bekend as die liberaalste stad in Europa, asook die een wat die minste veroordelend is. Ek’s seker as iemand van Amsterdam praat, dink jy dadelik aan die rooilig-distrik en koffiewinkels en met jou eerste besoek daar wil jy dit alles beleef. Maar omdat ons al voorheen daar was, het ons besluit om meer kulturele uitstappies te hê en onder meer museums te besoek. Daar is baie om te sien en te doen in Amsterdam, daarom het ons besluit om meer van ’n foto-dagboek oor ons tyd in Amsterdam te maak. Die foto’s praat self!

Tracey

FOTO Verskaf / Travul Diary

DSC_0854-e1471310585527

Ons het per trein van Berlyn na Amsterdam gereis en wat ’n belewenis was dit nie! Om al die verskillende aksente te hoor, al die families wat gesprekke voer en net om die pragtige natuurskoon uit die venster te aanskou, is ’n bederf. Dit treinrit was 7 uur lank, maar die tyd het vinnig verbygevlieg! Ek’s ook mal oor hoe jy die verskil tussen die lande kan sien soos jy van die een na die ander ry. Ek was so opgewonde toe ons Amsterdam binnery – dit was nie my eerste keer in die stad nie, maar ek kry elke keer daardie gevoel as ek daar aankom. Ek voel soos ’n kind oor Kersfees, baie opgewonde om weer oral te stap, te kyk na al die mense wat fietsry en ook om net die energie van die wonderlike stad te geniet.

DSC_0936-e1471310682190 DSC_0950-e1471310707742

Van Gogh-museum:

Amsterdam se Van Gogh-museum het die wêreld se grootste versameling werke van Van Gogh, soos sy skilderye, tekeninge en briewe van en aan sy broer. Die museum word beskou as as een van die top-25 museums in die wêreld, dus kan jy jouself indink hoe lank die toue is! Bespreek liewer jou kaartjies vooraf. Ek is baie bevoorreg dat ek sy Sonneblomme kon sien. Ek weet nie veel van kuns nie, maar ek kan met sekerheid sê dat dié skildery soveel gevoel, beweging sowel as lewe bevat. Bucketlist ticked! Ek sou baie graag ook Die Sterrenag wou sien, maar dit is tans by die MoMA in New York.

Beteken dit New York is volgende?

DSC_0974-e1471310746559

Die Rijksmuseum:

Die Rijksmuseum is die grootste museum in die land en in 2014 het dit ’n rekordgetal besoekers gehad: ’n hele 2,45 miljoen! Die museum is in 1800 in Den Haag gestig. Dit het 1805 Amsterdam toe geskuif en die huidige gebou het in 1885 sy deure oopgemaak.

Hierdie wêreldbekende museum bevat 8 000 kunswerke en geskiedkundige voorwerpe soos meesterstukke van Rembrandt, Frans Hals en Johannes Vermeer.

DSC_0981-e1471310767138 DSC_0996-e1471310825659

Avukile sê:

Ek het kunsgeskiedenis studeer, daarom is die Rijksmuseum en die Van Gogh-museum altyd deel van die reisplan as ek in Amsterdam is. Maak nie saak hoeveel keer jy dit sien nie, die werke bly so indrukwekkend soos die eerste keer. Ek dink ook mevrou Reed sou my deur middel van telepatie veroordeel as ek die geleentheid om dié museums te besoek nie gebruik nie.

Maar deesdae is dit kontemporêre kuns wat my werklik opgewonde maak en heel toevallig was daar tydens ons besoek ’n uitstalling van Banksy en Andy Warhol in Amsterdam. Groot bonus! Dié twee kunstenaars het popkuns en graffiti/straatkuns vir altyd verander en as daar ooit ’n saal van roem vir kontemporêre kunstenaars is, sal hulle onder die top-10 wees.


DSC_1010-e1471310844153
DSC_1031-e1471310967180

Al was dit maar net die tweede stad op ons reis en daar lê nog baie ervarings voor, stem ek en Tracey saam dat Amsterdam beslis ’n kans staan om onder die top-3 te eindig. Dit sê baie van ’n stad waar ons albei al meer as een keer was. Jy kry net nie genoeg van die plek nie, en ons sal beslis weer kom kuier!

DSC_1035-e1471311005298

Hou SARIE.com dop soos ons Tracey en Avukile se reise volg en hul raad deel. Besoek Travul Diary om te sien waar hulle reeds was.

Lees nou

7de Laan se Zac wil reis, weer toneelspeel

Via se Sieners deel reiswenke

Doendinge onder R100 in Johannesburg!