cleavage_clinton_lubbe
Eie stories

Vandag is nasionale cleavage-dag

Nasionale cleavage-dag is Your Breast Investment se bewusmakingsveldtog vir borskanker, veral HER2-positief, die mees aggressiewe vorm van borskanker. Min mense besef dat daar meer as een soort borskanker is, en hoe uiters belangrik vroeë diagnose is.

Meer as 70% van alle borskankers word deur die vrou self of deur haar maat ontdek. Behandeling het oor die jare so gefokus geraak dat dit nou net op die borsweefsel inwerk en nie meer die hele liggaam beïnvloed nie.

Vroeë ontdekking bly egter NOODSAAKLIK, daarom moet jy jou borste gereeld ondersoek.

**Goeie nuus! Ons borskanker-blogger, Minette Stone, het gister uitgevind sy’s kankervry ná haar behandeling. Lees haar blog: “Daar’s ‘n knop in my bors, wat nou?!”

Bors-ondersoek 101

  • Weet hoe jou borste normaalweg lyk.
  • Weet vir watter veranderinge in die weefsel of voorkoms jy moet uitkyk.
  • Ondersoek jou borste gereeld.
  • As daar ‘n verandering is, gaan sien jou dokter onmiddellik.
  • Gaan vir gereelde geskeduleerde  bors-ondersoeke by jou dokter.
 

  • Hyla

    Nou hoekom moet ons een dag van die jaar uitsonder en ons borste laat uithang vir almal om te sien om mense bewus te maak van borskanker?? Belaglik! Ek voel dieselfde met n ander tydskrif se naak- uitgawe om mense bewus te maak van ‘rape’…. hoe pateties! Miskien is ek net plein dom – maar wragtig ek verstaan nie die konsep daaragter nie….

  • ansie

    Hyla, ek stem eintlik 100% saam met jou. Tydskrifte met hul partykeer se ongevraagde naakte fotos maak die ou duiwel in soveel bose mense net meer en meer los, en ja om nou reeds die cleavage te wys om borskanker te onderstreep verstaan ek ook nie, nee jong dan is ek ook net plein dom, ek verstaan ook nie aldag sekere konsepte nie…..

  • http://auqqytjjlcvb.com/ fexgade

    Weig6c djnccyjdowed, [url=http://mtltxqlsfitj.com/]mtltxqlsfitj[/url], [link=http://hjlxsatkygdd.com/]hjlxsatkygdd[/link], http://tpkrvfcmninn.com/

  • Louise C.

    Hi julle 2!!!
    Ek weet presies wat julle bedoel met "cleavage" dag!!!
    Ek het presies dieselfde gevoel! "Hoekom moet mens jou ‘cleavage’ vir almal wys, asof dit ‘n verskil gaan maak, MAR ek is die 26 Oktober 2010 gediagnoseer met borskanker en dit was ‘n groot skok aangesien ons niks kanker in ons familie het nie!
    Het my so ruk gevat om oor die skok te kom! Toe ek eendag weer ‘sane’ kon dink, toe besef ek dat ek op cleavage dag my cleavage SAL afshow want ek het hulle nog! Ons het my kanker vroeg opgetel, en as elke vrou net meer ‘bewus’ kan raak sal dit soveel dinge verander! Ek is nog jonk en dis asof die wêreld daar buite glo jy kry net kanker as jy oud is! Ek is 27!!! So ek sal my girls af’show’! Heck, dit moet sommer elke dag cleavage dag wees! ;)
    En dis presies te danke an DIT dat ek besluit het om my borste te gan ondersoek!!!