sr0102skooninspir1
Eie stories

Veralda Schmidt van Kyalami, skryf:

My liefste,

ek het my toonnaels geverf,

my hakke geskuur,

my hare ge-“condition” en gestryk,

my bene en onderarms laat waks,

my lyf geparfumeer

vir jou

sodat jy kan dink ek is mooi.

Begeer my,

kom lê by my vanaand,

raak aan my,

ruik die roosbrief wat ek diep

in die geheimste stiltes van my lyf

vir jou geskryf het.

Druk my teen jou en voel

hoe ek sag teen jou hardheid meegee.

Trek my aan soos ’n trui

sodat ek jou kan warm hou

in hierdie koue somer.

Met liefde …