237
Eie stories

VIDEO: ‘n Dramatiese wegtrek vir die Voetspore-span

Dieselfde helikopter het Sondagoggend se vertrek in gietende reën voor die L’Agulhas-vuurtoring effens vertraag omdat die vlieënier nie die enjin aan die gang kon kry nie. Maandagmiddag het dit vir nóg aksie gesorg toe dit ‘n noodlanding op die R359 noord van Queenstown moes doen – met Johan Badenhorst se 15-jarige seun, Streicher, as passasier.

Streicher was juis besig om lugtonele uit die helikopter te skiet toe dit kragdrade tref. Die span is baie verlig dat niemand beseer is nie.

Hierdie is die Voetspore-span se sewende reis deur Afrika. Die L’Agulhas-vuurtoring is nie net op die suidelikste punt van Afrika nie, maar is ook ‘n mini-replika van die destydse Vuurtoring van Alexandrië, ook bekend as die Pharos van Alexandrië, in Egipte – een van die 7 wonders van die Antieke Wêreld. Alexandrië is dan ook die eindpunt van hul 3 maande lange reis. (Hier is die volledige roete van die reis van L’Agulhas tot Alexandrië). Die span beplan om rondom 10 Desember 2011 weer in Suid-Afrika aan te kom.

STREICHER SE VOETSPORE: Die 15-jarige Streicher sal op ‘n gereelde basis eksklusief vir sarie.com blog. Onthou om al die aksie hier te volg én op www.voetspore.co.za. Volg die span ook op Twitter by @JohanVoetspore en @SARIETydskrif.

DIE VOETSPORE-SPAN VERTREK EN SARIE WAS DAAR! BON VOYAGE!