sa_finalist_anne
Eie stories

Vroue deur Cartier vereer vir entrepeneurskap

Dié kompetisie is daarop gemik om entrepeneurskap onder vroue aan te moedig en kandidate word beoordeel volgens kreatiwiteit, volhoubaarheid en die sosiale impak wat hul besigheid het. Cartier het die inisiatief vyf jaar gelede begin en het dosyne vroue gehelp om hul besighede uit te bou en te verbeter. Vanjaar was daar 600 inskrywings waaruit 15 finaliste, drie per kontinent, gekies is.

Githuku-Shongwe is een van drie finaliste uit Afrika. Sy is benoem vir haar onderneming, Afroes, wat aanlyn- en selfoonspeletjies met ‘n sterk sosiale boodskap vir kinders ontwerp. Die speletjies is spesiaal ontwerp om die kultuur en geskiedenis van Afrika te verteenwoordig, want sy sê daar is net speletjies beskikbaar wat nie haar kultuur en agtergrond verteenwoordig nie. Sy het self tienders en wil graag hê haar kinders moet eerder speletjies speel wat meer verteenwoordigend van Afrika is, sodat dit Afrika se beeld meer positief kan uitbou.

Haar eerste speletjie, Champ’s Chase, is gratis vir selfoongebruikers en is ontwikkel in samewerking met die Mandela Children’s Fund Champions for Children-veldtog. Die tweede speletjie, TekaChamps, is ‘n sokkerspeletjie met Afrika-townships as agtergrond, met sokkerspelers uit Afrika as die sterre. Haar grootste motivering is dat “Africa and South Africa must trancend its poverty trap” en sy werk hard daaraan om haar bydrae te maak.

Die ander twee finaliste uit Afrika is Ann Kihengu van Tanzanië en Sara Katebalirwe van Uganda. Kihengu het ‘n besigheid wat sonkragligte versprei in Tanzanië, waar net sowat 11% van die bevolking toegang tot elektrisiteit het. Katebalirwe is ‘n ontwerper wat die gebruik van tradisionele “bark cloth” moderniseer en gesogte mode items daaruit maak.

Elkeen van die vyf wenners sal US$20 000 se hulp kry, ‘n eksklusiewe trofee ontwerp deur Cartier, sowel as ‘n besigheidsafrigter se dienste vir ‘n volle jaar.

  • cwetcprrj

    c71xPp jhywxordhvlo, [url=http://ruqsjippmkcn.com/]ruqsjippmkcn[/url], [link=http://fsnpizggzaej.com/]fsnpizggzaej[/link], http://cihylgxsmawf.com/