eerste_sneeuman_ooit
Eie stories

Vrouemaand-inspirasie: Karen Hougaard

Die groen bladsye van Karin Hougaard se paspoort is vol stempels van die plekke wat sy al gesien het: Kanada, die Verenigde State van Amerika, België, Frankryk, Italië, Griekeland, Portugal, Spanje, die Maledive, Seychelle, Mexiko, Australië, Mosambiek, Namibië, Zanzibar, Brittanje en Nederland. Sy was ook onlangs in Suid-Afrika om haar CD, Alien Sky, by die KKNK op Oudtshoorn bekend te stel, en sy het hier en elders in die land ’n gelyknamige musiekproduksie aangebied.

Karin skryf gedigte en kortverhale en doen grafiese kuns, soos op Alien Sky se omslag en in haar digbundel, Woorde sonder wysies. Sy skilder landskappe en groot blomstudies. Én sy reis die wêreld plat. “Reis is padkos vir die siel. Dis my grootste bron van inspirasie,” vertel Karin, wat deesdae op die Amerikaanse dorpie Oak Ridge in Noord-Carolina woon. Sy het al sowat 22 van die VSA se 50 state besoek.

In Perth, Australië

Lees nóg inspirerende verhale hier: