love_letter_pers_orgidee
Eie stories

Waar begin ek soek na my pa?

My ma, Hester Jacobs, het op Vrydag 3 April 1981 om 16h15 in die Vereeniging Hospitaal geboorte gegee aan my. Ek was ’n keisersnit-baba, en het 2,2kg geweeg.


Meeste mense luister na hul moeders se stories oor hoe trots mamma en pappa was toe hulle hul kleinding se eerste gil gehoor het, en hoe hul oë traanbelope was toe hulle die klein mensie vir die eerste keer in hul arms geneem het. Hulle kan jou ure lank verveel met foto’s en stories oor babatyd.


Ander mense vermy daardie geselskappies, of verander die onderwerp. Hul foto’s is in dose weggepak onder al die dinge wat gemerk word vir die stoor of die buitekamer. Iewers waar dit nie in jou pad sal wees nie.

 

Ek, aan die ander kant, sal my alles gee om ’n storie van my ma of pa te hoor, oor hoe trots pappa op sy meisiekind is. Ek sal enigiets gee om na familie-foto’s te kan kyk en al die stories te hoor wat aan elke foto verbonde is.

 

Jy sien, ek kan ongelukkig nie. Hierdie voorreg is vir ewig van my ontneem. My ma is oorlede toe ek sewe jaar oud was en ek ken nie my pa nie.

 

Daar is sekere dinge in die lewe wat ’n mens nie kan vervang of opvang nie. Dinge wat geen geld in die wêreld kan koop nie … jou ouers, en jul verhouding, jul band, jul liefde.

 

Hulle sê tyd heel alle wonde. My ma is 22 jaar gelede dood, en dit voel soos gister. Ek sien haar in die kis lê, rustig asof sy net slaap. Ek mis haar elke dag van my lewe.

 

Maar hoe voel ek oor my pa? Vir my is hy al 28 jaar “dood”. Ek het dit vir die helfte van my lewe geglo. Dit was vir my ’n ongelooflike skok toe ek hoor hy leef. En die ergste van alles is dat hy daar buite rondloop en dalk dink ek is dood. Mense het veroorsaak dat ons mekaar nooit gevind het nie.

 

Hoe is ek veronderstel om my oorsprong te verstaan as ek nie weet wie my pa is nie!

 

Hoe vind ek my pa in ’n wêreld onwillig om my te help? Met mense wat geld voor my kop gooi, geld wat ek nie het om private speurders te huur om my pa te soek nie.

 

Waar begin ’n mens soek? Ek sal enigiets gee net om te weet of hy my ooit kom soek het. Het hy gedink ek is dood of wou hy my net nie ken nie? Hoe gooi ’n pa sy kind tog weg? Ek soek antwoorde. Ek sal nooit rus vir my siel kry as ek nie weet nie.

 

Danieta van Rhyn van Gauteng

 

 

  • Michelle

    Danieta

    Ek het altwee my biologiese ouers opgespoor.

    Ek sou jou aanraai om met ‘n maatskaplike werker te gaan praat. Hulle is nie veronderstel om geld te vra nie.

    Sterkte!

  • Thes

    Hi Danieta

    Ek weet hoe jy voel ek sit met dieselfde worsteling binne my. My ma is ook op 54 jariege ouderdom oorlede en ek het nooit werklik die waarheid geweet tov my biologiese pa nie al wat ek het van hom is ‘n foto. Ek dink baie keer dat my donker kant dalk van hom afkom dit is asof ek net een helfte van my ken en verstaan die anderkant is duister. Ek het baie vrae en verwyte en ek glo omdat ek nie my eie pa geken het nie dat my 2de huwelik ook agv dit op die rotse is. Ek het my al baie afgevra hoekom moes hy my weggooi al was hy en my ma nie bedoel vir mekaar nie en ek was ‘n groot oops is dit seker nie ‘n rede om ‘n deel van jou net weg te gooi nie. Ek wens jou alle voorspoed toe en hoop dat jy jou pa sal vind en dat jou verhaal mooier einde as myne sal hê.

  • Jean garner

    Ek was 21 toe na my biologiese pa begin soek het en wat n ondervinding was dit nie.Ek het onwettig met een van groot geword en soos die nagmerrie ontvou en besef ek het n heel anderse van en daar het die soektog uit nuuskierigheid ontstaan.Ek was ontnugter, vandag op n meer vowasse ouderdom wens ek ek het nooit destyds toe 21 ooit my eie nasate opgespoor nie.Maar nou ja n mens leer uit jou foute en lewe daar mee saam.Groete Jean Garner-Pretoria

  • http://dyksbrbrgfof.com/ qyfksgzuc

    7C5OXX ntuekdluveiy, [url=http://sybypyeywyza.com/]sybypyeywyza[/url], [link=http://fzurammdtplg.com/]fzurammdtplg[/link], http://uyupgcsxxmjn.com/

  • Hetti Vanderwalt

    Ek het ‘n kind in pleegsorg wat ook nie sy pa ken nie, die het van die aardbol af verdwyn selfs die polisie weet nie eers waar hy is nie, elke geleentheid wat hy kry gaan hy op die internet en soek na iets van sy pa. Al wat ons het is name en ‘n id-nommer. Die skok toe Binnelandse Sake se webwerf sy pa onlangs as dood aangee…dae lank niks gese nie. Sy ma is tans oorsee en was sy pa se derde vrou. Daar is kinders uit die eerste twee huwelike maar hy ken hulle nie eers nie. Ek probeer help waar ek kan maar dis moeilik. ‘n Mens moet weet.

  • werner roux

    ek soek my pa en het niks om meer te begin nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • Stefane Visagie

    Dit is swaar dat ons die vrugte moet pluk vir die dinge wat ons ouers doen. Ek word oor ‘n maand 21 en ken ook nie my pa nie, ek weet nie eers hoe hy lyk nie, vandat ek kan onthou probeer ek hom opspoor, maar waar begin jy as jy net ‘n naam het. Al hoe ek tot nou toe kon vrede maak daarmee is dat ek weet daar is een Vader wat my nooit in die steek sal laat nie en dit is die Hemelse Vader wat nog elke dag saam met my die lewens pad stap. Sterkte aan elkeen wat na iets soek in die lewe en ek hoop dat hul dit sal kry. By gesê wil ek vir my biologiese pa Fanie Ellis sê ek vergewe hom en weet dat geen mens sy kind net kan weggooi nie.

  • Laetitia

    Ek soek my kind se pa,sy word nou 11 jaar oud sy het hom nog nooit gesien nie en wil nou.En ek sukkel want ek het net n naam en n van en ek weet ook nie waar om te begin nie.

  • Sarie Bezuidenhout

    Ek soek my skoondogter se ma. Annemarie Erasmus. Nooiensvan Kruger. Gebore in 1959. My skoondogeter se pa se van was Opperman.

  • Ben

    Ek soek my kind die se Ma is een van n tweeling hulle het op n kol gebly in Villiers die kind se Ma se naam was Petro en ek dink sy is getroud met iemand op Frankfort
    Help n bietjie

  • SONSKYN

    EK IS OP SOEK NA MY PA SY NAAM IS MARTHINUS JOHANNES VAN NIEKERK SY ID 6811055016087 KONTAK MY MET ENAGE INLIGTING ASB BY 0718852768 BAIE DANKIE

  • charmain

    Charmaine Hancox
    Ek verstaan hoe jy voel Danieta van Rhyn.
    Ek is gebore in 1985 Germiston ons het in Klopperpark gebly ek ken glad nie my pa nie ek het geen foto’s van hom nie. Ek het al vir my ma gevra wie is hy en dat ons vas sit daaroor en dan wonder ek hoekom? Maar al wat ek weet dat daar ‘n gedeelte van jou weg is en wat ander se dit maak dit nie better nie. My familie het gese ek moet dit los maar my ouma het gese sy naam is Braam hy het bruin hare en bruin oe.

    Maar ek hoop en bid vir jou part dat jy hom sal ontmoet en dat jy nie moet op gee nie.

  • http://www.yahoo.com louis

    Dit is vir my verbasend hoe kinders na hulle Pa of Ma soek.Ek is n Pa wat al vir 14 jaar na my kinders soek,en nooit sal ophou soek nie.Vandag is ek self baie gelukkig getroud met n wonderlike Vrou en dogter..Maar daar is n leempte in my,en daar is nie n dag wat verby gaan,wat ek nie aan hulle dink nie.Ek was jonk getroud skaars 23,en was baie populer,en was n profesionele sport man,en almal het my geken in die vroeer 90s,ek was dom en onnosel,en kon geen mooi vrou weerstaan nie.Een ding het tot die ander gelei..Ons is geskei,en ek kan net my self blameer,als was my skuld.Ek moes daai pad loop om n beter mens te word,ongelukkig het 2 pragtige kinders daar onder gelei,en ek kan nie se hoeveel keer ek jammer is nie.As God my kan vergewe,wie is die mens om my te kritiseer,ons almal maak voute..Soms tot ander se nadeel..Ek wil net vir my kinders en gewese Vrou se.Ek is so jammer,vergewe my..Ek mis julle en is nog lief vir julle,en dit sal eendag so saam my in die graf gaan,Etienne en Melanie,Pa mis julle,waar is julle?

  • cecilea nieuwoudt

    Ek is dringend opsoek na my biologiese Ma. Sy was 20 toe ek en my broer aangenaam was, haar naam was: Engela Maria Cornelia Snyman. Sy het gebly in Long Road 461 ten tye van die aanneming. My naam was gerigistreerd as Leon Daniel Snyman.Ek en my broer was aangeneem in Kimberley hof op 27 Februarie 1964. Indien iemand my kan help e-pos my op cecileanieuwoudt@gmail.com dit is my vrou se e-pos

  • DIRK JOHANNES JACOBUS LIEBENBERG

    Ek is Dirk liebenberg.Ek is ok op soek na my pa hy is willem liebenberg ek is nou 31 jr oud en het hom laas in 2003 gesien het alle kontak verloor weet net hy het laaste in Piet Rietief gebly en is met sanntjie liebenberg getroud en het ok 2 ander kinders Hy het in tussen oupa geword en wil graag hom weer sien as enige iemand weet van hom,of enige inligting het KOntak my a.s.b by 0796833951 of 0793457211 my vrou se email is botes@in.com Sal enige inligting baie waardeer DANKIE

  • Suzette

    Sjoe ek is nie alleen nie, ek is nou al amper 37j. 15J terug het ek my biologiese ma opgespoor saam met die boetie en sussie. Ek is die middel ene, ousus het by oupa en ouma groot geword en kleinboet by ma. Gelukkig het my anneemouers my van vroeg af vertel en het my ondersteun toe ek begin soek het en baie vrae gehad het. Maar dinge het verander, want sien soos ek verstaan weet pappie nie eers van my bestaan nie. Hoe sal Isabel dit stel hy het my gemaak en laat staan. Gelukkig weet ek dat ons 3 kinders ten minste dieselfde pa het. Maar na al die jare het ‘n mens na daai begeerte om te soek en te vind. Maar my groot bekommernis is wat sal sy reaksie wees en gaan dit regverdig van my wees om hom in die hande te kry as hy nie eers weet van my bestaan nie?

  • Ester Nicolene Klue

    Dit is so sad dat daar so baie mense is wat deur gaan wat ek deur gaan, en ek het altyd gedink dit is net ek. Ek soek ook al lankal my pa. Die ergste is dat hy nie weet my ma was swanger toe hy weg is nie. As iemand net my kan se of hy nog bestaan. My ma was Hester Josina (Ina) Faurie. Ek is Oktober 1979 gebore en hy was in die Klerksdorp area. Sterkte vir almal en ek hoop dat daar darm vir van ons n gelukkige einde sal wees.

  • Belinda Els

    I am looking for my dad, his name is Nicolaas Johannes Salemoo Els, and is is born in 1959/02/06. Can sombody help me please?

  • Belinda Els

    I am looking for my dad, his name is Nicolaas Johannes Salemoo Els, and is is born in 1959/02/06. Can sombody help me please?

  • Karen Venter

    Goeie more ek is opsoek na my biologiese ouers van Bloemfontein. Ek is daar gebore in Bloemfontein hospitaal 5pond geweeg en ek was as Reynette Anel Germehuizen gedoop. My biologiese ouers was Mona Magdalena en Pa was Johannes Jacobus Germehuizen. Dit was die 21 Januarie 1967 en ek was laat lammetjie gewees. Ons was blykbaar 8 kinders gewees. My aanneem ouers van Danielskuil het my aangeneem en hulle is altwee oorlede. My stiefma was Corrie en Pa Sakkie van Niekerk wat my aangeneem en hulle het net die een seun Cobus. Ek is nie kwaad vir my biologiese ouers nie.

    Ek is baie lief vir julle. Ek wil julle graag ontmoet asseblief en ek sal baie bly wees om julle te kan kontak. Ek soek vir julle baie lank al en ek weet julle leef almal nog. Ek is baie lief vir sport en doen baie goed daarin met Fietsry, pluimbal, atletiek, swem, netbal, sagtebal ens en alles wat lekker is baie lief vir kook, breiwerk, hekel, dans, rondry en kuier lekker saam met vriende. Ek het blonde hare, blou oe, 1,53mm lank en gewig is 65kg, maar nie vet nie meer frisgebou. Ek sal baie bly wees as julle my kan kontak asseblief.

  • Hennie

    Ek het Phoenix opspoorders aangestel, en met die bietjie inligting wat ek wel gehad het, het hulle my ouers suksesvol opgespoor, wil net vir hulle baie dankie sê vir die wonderlike diens wat hulle lewer.

  • Mickey

    My pa het ek opgespoor toe ek 18 jaar oud was en ek wens ek het nie, hy wou nie van my bestaan weet nie en het ouerskap ontken dis mos maklik! se net dit is nie waar nie, wat weet jy as jy 18 jaar oud is? Ek het nou aanvaar dar hy net gemaak en laat staan het. Maar die wiel draai. Dink mooi mense of julle regtig in daardie bynes wil krap. Sterkte aan almal wat so verlore voel

  • Bets Oosthuizen

    Ek het vreugde en simpatie met almal. Ek het na 46 jaar uitgevind my pa wat ek geken het was nie my regte pa nie. Met ‘n kind wat ‘n oorerflike siekte het en dit is nie in my familie wat ek ken nie moet dit wees is my pa wat ek nie ken nie se familie. Ouers as julle weet wie is julle kinders se biologiese ouers, smeek ek jou om oop kaarte met hulle te speel terwyl hulle nog jonk is. Ek weet watter skade dit aan iemand doen as jy dit later jare uitvind. Kinders as julle dit nie kan verwerk nie gaan praat met iemand wat kan help. So nou as iemand dalk my kan help. Ek is in Walvisbaai gebore as die dogter van Renier Johannes Cornelius Roetz op 16/06/1964. Maar is nie sy dogter nie. Indien enige iemand kan inligting het kry my op fb onder Bets Oosthuizen. Die siekte van my kind is neurofibromatose. Kenmerke is koffie vlekke op die vel en geel oë. Later jare ontwikkel hulle ook neuromas onder die vel wat ontsteek en verwyder moet word. Kan na die ouderdom van 40 gevaarlik word.

  • Tienie Engelbrecht

    Ek is opsoek na my oorlede broer (Thys Engelbrecht) se vrou Amanda) en dogter (Bernadine). Amanda se nooiens van was Smith, hul was van blyvooruitsig, naby Cartonville gewees, ek vermoed hul is nou in Durban iewers, kontak Tienie by 083 308 1202 met enige inligting.

  • Magda

    Ek is opsoek na my halfboetie Reinard/Rynard? Sy ma was Sonja, sy ouma was Ouma bobbejaan van Bloemfontein. Sy ma het hom die bynaam van toffie gegee toe hy klein was. Sonja was met my pa Piet du Toit van Brakpan getroud na my ma se dood in 78.Reinard moes omtrent in die einde van 79 of 1980 gebore gewees het.. My pa en Sonja is geskei voor Reinard gebore is. Ek het nie n idee of hy n Du Toit , van Blerk of dalk n ander van het nie. Ons mag nie kontak met Sonja gehad het nadat hulle geskei is nie. Ek was toe nog op skool. Sonja en my pa was bevriend met Oom willie en Tannie Anet van Brakpan, hulle het gereeld uitgegaan met die Jeeps en aan die Jeep clubs behoort.. .Ek en Carel het by tannie Anet gebly toe my ma in Kaapstad oorlede is in 1978.. My pa is nou 70. ons was 5 kinders Rean, Magda, Pieter, Riegal en Carel. Ek het nou al oral gesoek na Rynard, en ek kry niks. Sy halfboetie Carel is terminaal met kanker en sy laaste wens is om sy boetie te sien, Hy het ook al orals gesoek.Kan iemand my asb help ek MOET hom opspoor voor dit te laat is asb!!!! Ek bly tans in Pretoria

  • HENNIE OLIVIER

    jb olivier ons is opsoek na jou (johannes bartlomeas olivier)
    jou moeder joey olivier
    jou broers gert alberus olivier en andre olivier
    jou sister elize olivier en alle family
    soek na jou het jou laas in 1999 gesoek en
    die deel van die id wat ons is het is 500929
    date of birth 1950-09-29
    enige nuus of as jy kontak wil maak
    skakel my op 076 900 9145

  • Hannes van der Berg

    My naam is Hannes van der Berg. Ek is op soek na my neefs.Hulle is Frik en Karel Schulz. Hulle het groot geword op Edenburg in die Vrystaat.Hulle ouers was Karel en Anna Schulz.Frik het Bloemfontein toe verhuis en so ver my kennis strek is in ‘n rolstoel. Karel het blykbaar verhuis na Sasolburg.Ek sal baie bly wees om met hulle kontak te maak.Ek kan gekontak word by sel 0826722739.Baie dankie.

  • Elsje

    Ek soek asseblief Yvonne Sy is gebore as Pienaar. Haar geboortedatum is 19 September 1945
    Haar Persoonsnommer is: 404/157128

  • Barend Du toit

    Asb ek is 30 ek soek na my ma en pa .my nom: 0845141676…1982-01-30

  • Yolandi

    My naam is Yolandi Kock (gebore Barnard) Ek is opsoek na my biologiese pa na 38 jaar. Sy naam is Isak Jan Barnard, alias Johnny Barnard. Ek het sy ou ID nommer van die sewentiger jare 308 469747. Hy en my ma (Magdalena Johanna Botha) is getroud op 30 Desember 1972 in New Castle. Ek weet hy bly iewers in Gauteng. Hy het my en my ma verlaat toe ek 6 weke oud was. Ons het op daardie stadium in New Castle, Kwazulu Natal gebly. Asseblief as enige iemand hom ken of weet waar ek hom kan opspoor sal dit so waardeer word. My kontak nommer 076 662 1919 of 084 503 9806.

  • dirk johannes jacobus liebenberg

    Hallo ek is graag op soek na my pa Willem Fredrik gebore 27-04-1962 hy’t laaste in piet retief gebly en was met sanntjie getroud,het ook twee kinders by haar as enige iemand iets van hulle weet of hulle ken kontak my groot asb by 079 345 7211 of 079 683 39511 my email adress is dirkliebenberg@in.com wil baie graag my pa weer sien hyt intussen oupa van twee dogtertjies geword Baie Baie Dankie

  • Jayne van Staden

    My naam is Jayne van Staden. Ons huisgesin het 16 jaar terug (1996) vanaf Kempton Park verhuis na Bellville in die kaap. Ek is opsoek na ‘n dierbare vriendin wat saam met my gewerk het by Absa Kempton Park Admin Sentrum. Ek kry haar glad nie opgespoor op facebook nie. Haar naam is Tanya Pauley. Haar Ouers het daai tyd in Brackenfell in die kaap gebly en sy het een suster. Enigiemand wat haar ken kan my groot asseblief laat weet by jaynevanstaden@gmail.com of 0824974274 Ek mis haar net sooo verskriklik baie..

  • Esra Willemse

    ek is ook opsoek na my kind se pa ek sukkel om alleen di mas op te kom. hy is in somerset omgewing sukkel om skoolfooie en haar hospitaal rekeninge te betaal .sy naam is gary katzellenbogen hyt sy eie besigheid si severcis help my asb ek ht juis nou baie geld nodig vir haar

  • janine

    Ek is op soek na my regte pa maar ek weet nie waar om te begin nie, ek word al 20 en my boetie 21 en ons ken nie ons pa nie… As iemand my kan help asb

  • Rita Bierman

    Hi ek is op soek na enige inligting oor Francois Joubert. Hy was 19 en Elize Van Niekerk was 24 toe hulle omtrent 23 jaar terug uit gegaan het vir 3 maande. Hulle het ongelukkig kontak verloor voordat sy vir hom kon se sy is swanger. Dit was in Kragbron. Hy het gewerk by Wolwehoek slaghuis en het glo later gebly in Sasolburg. Sy vriende het hom veldmannetjie genoem. Hy het glo n vriend Trevor Young
    geken. Hy hou glo van Motorfietse en het sy pa se ‘studibaker’ gery. Sy seun wil bitter graag hom net ontmoet en meer uitvind oor hom. Hy wil glad nie sy lewe om krap nie. Maar hy wil graag net sy regte pa ook ken. As enige iemand kan help. Asb bel 072 500 1877 of email ritabierman@live.co.za.

  • antoinette

    ek is ook op soek na my seuntjie se pa sy naam is gavin adrian visagie gebore 1978/01/18 asb my seun
    wil graag n verband met sy pa he bbm nr as iemand kan inligting kan gee 2564514 asb help my
    dankie antoinette

  • Anzel Drennen

    Ek is opsoek na Desmond James Gilligan my kinders se pa gebore op 23 November 1981. Laaste wat ek geweet het bly hy in Benoni. As iemand hom ken of weet waar hy is laat weet my asb op 072 471 5377 of anzel.drennen@mobileemail.vodafonesa.co.za