sr0905kurt
Eie stories

Waaraan dink jy vandag, Kurt?

1 Februarie 2010

Ek het ook by die Midem Musiekfees in Cannes, Frankryk opgetree en dit was ‘awesome’! So bly om terug te wees in ons land – daar’s niks soos Suid-Afrikaners nie! My nuwe CD, ‘Die Beste Medisyne’, is nou nr. 1 in die land. Dankie almal!

16 November

Gaan vandag na die ateljee om my stem vir die Garmin GPS op te neem. Nuwe CD is oor 2 weke uit, uiteindelik! (Luister na Nataniël, Casper en Dowwe Dolla op die Garmin GPS)

10 November

Het ‘n paar lekker dae in Mauritius gehad. Die naweek se feeste was baie pret! Sien uit na ‘n besige week.

5 September

Die doen die Hollywood-ding in Kimberley vandag. Ek druk my hande in sement by die Gariep kunstefees. Dit gaan ‘n goeie aand wees vanaand.

4 September

Baie trots op my Engel! Sy is oppad Bollywood toe en daarna Texas. Die glanslewe roep! Sy moet net terugkom.

Lees meer oor Dunay Nortjé, Kurt se verloofde.

3 September

Ek is baie dankbaar – die shows loop amazing!

Die lewe is ‘n lied, ‘n somer-song! He he!

Hier is die Jukebox-speellys vir 6 September

27 Augustus

Weer gestrand op Kaapse lughawe! 2010 hier kom ons! Aaaaai, dis ‘n jammerte…

25 Augustus

Ek skryf weer vandag liedjies in die Kaap. Awesome!

21 Augustus

Oppad lughawe toe. Wish me luck! Dit gaan lekker wees om weer voor ‘n Kaapse gehoor (in Belville) te sing. Hulle is mos great mense!

Hier is die Jukebox-speellys vir 23 Augustus

18 Augustus

Ek sit weereens in ‘n SAA vlug met ‘tegniese probleme’ en gaan laat wees vir All Access se TV-opname. Ek vlieg gereeld adn dié soort ding gebeur baie, sonder verduideliking! Nie goed nie!!!!

17 Augustus

Ek sit en skryf liedjies in die Kaap. Ai, maar dis lekker met ‘n goeie wyn en Kaapse kos! Ek is môre-aand op All Access op M-Net

14 Augustus

Ek is op pad Rustenburg toe vir ‘n Sweet Sixteen-verjaarsdagpartytjie. Die ouers moet baie lief wees vir hul kind!

Hier is 16 Augustus se Jukebox-speellys

13 Augustus

“Ek’s op die plaas en besig om te help met die bouwerk aan die nuwe lodge. Gebruik bietjie my hande, lekker!”

12 Augustus

“Het gisteraand drie Tempo-musiektoekennings gewen! Beste Manlike Kunstenaar, Beste Dansalbum en Topverkoper van die Jaar. Baie dankie aan almal wat gestem het!!”

11 Augustus

“Tempo musiek-toekennings is vanaand by Emperors. Dit gaan lekker wees om my vriende in die bedryf weer te sien!”

10 Augustus

“Begin skiet aan ‘n nuwe fliek vandag. The Race-ist is ‘n fliek oor wedrenne. Dit gaan great wees!”

Lees meer oor die fliek hier

8 Augustus

“Nou is ons die beste in die wêreld! Bokke bo!”

7 Augustus

“Ek is vandag oppad Middelburg toe. Die son is uit. Lekker!”

Hier is die Jukebox-speellys vir Sondag 9 Augustus.

6 Augustus

“Ek is oppad na ‘n show toe. By Firkin in Centurion. Dis die eerste keer in twee jaar. Ek hoop die mense is vol gees! Dis ‘n stunning aand.”

4 Augustus

“Ek het groot liedjies geskryf vir die nuwe album en ek chill nou op Knysna. Ek skryf vandag liedjies vir die nuwe CD. Ek sit by Pinnacle Point en kyk na ‘n walvis. Awesome!” – Kurt

1 Augustus

“Hey julle. Ek vlieg nou Kaap toe – Aartappelfees toe (ek dink). Kan nie wag vir vanmiddag se toets nie. Go Bokke! Sien julle Sondagaand op Jukebox.” – Kurt

Onthou om jou Jukebox-gunsteling op die speellys te kies. Jannie Moolman kuier 2 Aug saam.

30 Julie

“Ek het gisteraand die nuwe Engelse CD by Silverstar gelaunch. Dit was lekker om soveel vriende in die bedryf daar te sien. Ek gaan nou lekker in ‘n fliek ontspan, Transformers 2!” – Kurt

Kyk die Kwêla-insetsel oor Kurt en Dunay se verlowing

EKSKLUSIEF OP SARIE.COM
Kurt beantwoord voortaan gereeld die vraag: “Waaraan dink jy vandag?” Só kan ons almal ‘n stukkie van sy daaglikse lewe met hom deel.

Besoek ook gereeld sy webtuiste vir die nuutste inligting en optredes. Laai ook van sy liedjies af.

Lees ook Mathys Roets en Margit Meyer-Rödenbeck (Dowwe Dolla) se mini-blogs

  • ELAINE JOUBERT

    EK DINK REGTIG DAT KURT DARREN N VOORBEELD IS VAN N PERSOONLIKHEID IN DIE KOLLIG.BAIE GELUK AAN HOM EN DUNAY.HULLE IS N MOOI PAARTJIE.NET DIE BESTE VIR HUL VORENTOE.EN KURT JY ROCK MET JOU MUSIEK.HOU SO AAN.DIT IS REGTIG N VOORREG OM OOR JOU TE LEES OF JOU TE SIEN .JY MAAK COOL MUSIEK.ONS IS GEK OOR JOU MUSIEK.DAAR IS SO BAIE COOL LIEDJIES OM OP TE NOEM EK HET N LYS NODIG.HOU AAN MET DIT WAT JY SO GOED DOEN.JOU PERSOONLIKE LEWE IS VIR MY PRESIES DIT.ALMAL MOET DIT RESPEKTEER,MAAR DIT IS DAREM LEKKER OM TE HOOR HOE GOED DIT MET JOU GAAN.ALLES VAN DIE BESTE.p.s.SOOS JULLE KAN SIEN IS EK N BAIE GROOT FAN.

  • MAGDèL

    EK EN MY KINDERS IS HIPPER AFRIKAANSE MUSIEK MAL VERAL OOR KURT

    EK IS OPSOEK NA DIE WOORDE VAN KAPTEN SPAN DIE SEILE. LAERSKOOL RAYTON IS 100 EN HOU LIEDJIE FEES EN DIE GR 4 SING KURT. KAN IEMAND HELP ASSEBLIEF. NET DIE WOORDE DIE MUSIEK IS DA..

  • MAGDèL

    WEER MAGDEL

    WAS OP DIE WEB MAAR JOU SITE IS AF. AF AF AF

    NOU WAT NOU.

  • Antoinette – Centurion

    KURT BAIE GELUK MET JOU TEMPO TOEKENINGS. EK IS EEN VAN JOU GROOTSTE FANS EN HET BESLIS VIR JOU GESTEM. JY IS NIE NET ‘N BAIE GOEIE SANGER NIE MAAR, JY IS OOK VREESLIK SEXY EN HET ‘N WONDERLIKE PERSOONLIKHEID.JY EN DUNAY IS ‘N OULIKE PAARTJIE EN EK WENS JULLE ALLES VAN DIE BESTE TOE.EK HET SELF TWEE WONDERLIKE SEUNS EN WONDERLIKE MAN IN MY LEWE.MY MA Sê ALTYD JY MAG DIE MENU LEES MAAR JY EET BY DIE HUIS EN DIT IS BESLIS SO.MAAR EK SPOT ALTYD MET MY SEUNS EN Sê DAT JY SO SEXY IS AS JY MY OU WAS HET EK JOU IN ROOMYS GEDIP EN AFGELEK WANT MENS WIL NET MEER EN MEER VAN JOU Hê.DUNAY JY MOET MOOI NA HOM KYK ANDERS GAAN JY MET MY TE DOEN KRY.EK WEET DAT JULLE VIR DIE RES VAN JULLE LEWE MEKAAR OP DIE HANDE SAL DRA!KAN NIE WAG OM DIE TROU FOTOS TE SIEN NIE DIT GAAN DIE MOOISTE SPROKIE WEES.HOU AAN MET JOU GOEIE MUSIEK.BAIE DANKIE VIR ALLES WAT JY ALTYD VIR MENSE DOEN WAT HULP NODIG HET EN WAT JY VIR JOU FANS DOEN.HOU SO AAN KURT JY IS GREAT! JUKEBOX ROCK!!

  • natasja

    goeie musiek, dankie. my seuntjie van 6 is mal oor jou musiek, wanneer gaan jy weer optree in pta sodat ek hom kan vat om ‘n live show te kan kyk, dit sal vir hom wow wees…. veral vir sy verjaarsdag volgende jaar…

  • Jolandie

    Ek het ‘n matriek-dogter en elke oggend op pad skool toe luister ons Kurt se CD. Dis great! Ek en sy sing te lekker saam en ek hoor op die pawiljoene met atletiek-tyd word dit ook gesing, sommer tesame met al die "moves".Wel gedaan Kurt, dis hoog tyd dat ons kinders Afrikaanse musiek begin waardeer en luister.

  • Charmaine

    Baie geluk met julle verlowing. Dunay is pragtig en jy is baie bevoorreg om haar aan jou sy te hê.
    Kurt ek is mal oor jou musiek, jou persoonlikheid ens,ens maar daar is een klein dingetjie van jou wat my dwars in die krop steek. Hoekom altyd met jou hande in die broeksakke?? Ag nee Kurt – werk daar aan asb.

    Sterkte met julle verhouding – kyk uit vir julle trou foto’s.

  • http://kyknet.co.za Tiffany

    Kurt ek dink jy sing baie mooi
    en ek hou baie van jukbox ek kyk dit waner ek kan
    van tiffany

  • Bernice

    Kurt ek wil jou graag vra: waarom is dit nodig dat jou musiek videos so seksueel moet wees? Die danspassies is baie gelyk aan meisies wat in Teazers dans. Ek hou van jou musiek maar ek kan net nie na jou kyk nie, ons verander die kanaal elke keer wat jou videos opkom. Ek dink jy moet met meer oordeel jou videos maak. Dit is nie sexy nie, dit is blatant seksueel. As rolmodelle soos jy aanhou om die grens te skuif – waar gaan ons opeindig? Jy wil mos nie die porn mark stimuleer nie? Selfs my seun het gese – dit is rof.