sr1204_self_hoof_2_
Eie stories

Wat ek uit donker tye geleer het . . .

Reinée Terreblanche-Brand van Stellenbosch, grafiese kunstenaar, rekenaar-konsultant en rekenaar-onderwyser vir volwassenes, probeer sedert haar troue tien jaar gelede met Deon, kos-produkontwikkelaar van Kaapstad, swanger raak. Dis  ’n proses van soet, suur, skemerte en lig.

Maar sy weier om moed te verloor en stort al haar energie in haar onderneming, Tamatiestraat Kookskool.

Wat sy geleer het:

* Elkeen se pyn is 100%, wat ook al sy storie is.

* Daar is geen reëls nie – doen wat vir jou werk.

* Sê minder en skink meer wyn of tee. Wees dáár vir mense.

* Wees dankbaar oor iets, al moet jy hard soek en diep grawe.

* Wees versigtig om te sê jy verstaan hoe iemand voel. Elke ou 
se paadjie is uniek.