Eie stories

Welkom by SARIE-forum

 

Baie welkom by SARIE se forum, waar ons lekker gaan saamgesels en saamkuier, positiewe gedagtes gaan uitruil en ons mening oor aktuele sake gaan gee. En as jy ’n ex-pat is, vertel jou mede-gebruikers meer van jou nuwe tuiste. SARIE sal van tyd tot tyd ’n vraag of onderwerp plaas om nuwe gesprekke aan die gang te sit. Die forum is jou platform vir aangename gesprekvoering, en ons versoek vriendelik dat almal mekaar moet respekteer, of dit nou in ’n aanspreekvorm of ’n antwoord op ’n vorige gesprek is. Pornografiese materiaal, kru taal en rassistiese of lasterlike opmerkings sal onmiddellik van die forum verwyder word. Gebruikers wat die forum om een of ander rede misbruik, sal onmiddellik verdere toegang geweier word. SARIE streef daarna om haar leuse “My Inspirasie” ook op die webtuiste voort te sit. En in dié gees wil ons ’n sterk gemeenskapsgevoel op die forum vestig.