Eie stories

Willie Esterhuizen verloor sy vrou aan kanker

Sy was ‘n professionele ballerina en sy was sowat 30 jaar met Willie getroud.

Glen Esterhuizen het 3 jaar gelede slukdermkanker gekry. Willie het in ‘n onderhoud met SARIE oor die moeilike tye van Glen se kanker gepraat.

Die vervaardiger Pieter Esterhuizen, Willie se broer en vennoot, het gesê sy skoonsuster het drie jaar gelede slukdermkanker gekry.

“Die dokters kon dit tóé goed onder beheer hou, maar later het dit na haar longe versprei. Dit is een van die ironieë van haar lewe. Sy was in haar lewenswyse ‘n gesondheidsfoendi. Sover haar gesondheid dit toegelaat het, het sy tot aan die einde nog aërobiese oefeninge gedoen en by die gimnasium gaan dans. Dit klink vreemd, maar ons is dankbaar (dat sy oorlede is), want dit het haar lydingstydperk verkort.” – Pieter Esterhuizen, Willie se broer, op www.nuus24.com

Willie en Glen het drie kinders, Toby (28), Teya (26) en Telulla (22). Glen se roudiens word Saterdag in Johannesburg gehou.

(Bron: www.nuus24.com)

  • Hettie

    Willie, ons dink aan jou in hierdie moeilike tyd.

  • QpEz2v wbhqdqhotdjx, [url=http://leeokrhotxyd.com/]leeokrhotxyd[/url], [link=http://brsyetrxutha.com/]brsyetrxutha[/link], http://ehridrdemlco.com/

  • Johan Potgieter

    Willie ons is met jou in hierdie tye. Ons maak staat op jou programme om ons van ons eie probleme te laat vergeet, en kan nie sonder dit nie. Ons vergeet julle is mense net soos ons.
    My vrou word die afgelope 10 Jaar vir n baie skaars lewer kanker behandel.
    DANKIE DAT JY DEUR DIE SWAARKRY IN JUL EIE LEWE NOG STEEDS ONS MET HUMOR KAN LAAT VERGEET VAN ONS EIE. KAN NIE TV INDINK SONDER JOU HUMOR NIE

  • Reverend CHARLTON D VAN DER WESTHUIZEN

    ‘n Mens verstaan nie altyd waardeer die Here ‘n mens plaas nie, maar God se doel is meer uitstekend as enigiemand weens dat Hy jou nie laat verdrink nie, maar ‘n mens leer om te swem en veilig by jou bestemming uit te kom, netso is dit met u Willie Esterhuizen u laat baie lag en vermaak duisende met u komedie, maar baie verstaan baie nie dat u u eie belange en stryde het waardeer u moet gaan. My gebede is dat die Here u en u produksie sal versterk en dat alles het ‘n tyd….’n Tyd om te leef en ‘n tyd om te sterwe. U vrou was een van God se engele en Hy het haar nodig,. Soos ek altyd se Hy pluk die wat Hy nodig het en u vrou was God se perfekte blom. Sy wil he u moet sterk wees en aangaan met die kinders en haar goeie lewe voort leef.

    Huil as u wil dis normaal. Sy het die goeie stryd gestry en die wedloop voleindig. Ek bid vir u
    Sterkte en Gods Rykste seen

    Pastoor Charlton D van der Westhuizen
    Restoration MInistries of S.A.
    KUILS RIVIER
    Tel: +27 83-482-9522