sr0807myselfdinge1
Eie stories

Wonderwerke

“Kleintyd het ek grootoog in die kerk gesit en luister na stories van wonderwerke en engele. Sal dit nie onvergeetlik wees om ’n wonderwerk te sien gebeur en ’n engel te ontmoet nie, het ek gedink. Dit was ’n kinderdroom.

Daar word ek toe groot saam met ’n engel onder my neus en ek weet dit nie eens nie: My sussie, die surrogaat-ma van my twee wonderwerk-babas.

Ná tien jaar, nege miskrame en baie traumas en dramas hou ek nou my tweeling in my arms. Ek kry nie genoeg van hul gesiggies nie. My geluk is groot.

Dit was die ongelooflikste reis saam met my engel-suster. Die baie inspuitings, die teleurstelling toe die behandelings nie werk nie, die aanhou probeer, die deur-die-dak-spring-gevoel toe die sonar wys daar’s twee. En daarna die baie gesels, die opgewondenheid op pad teater toe en die ongelooflike oomblik toe ek daardie twee koppies sien.

Wys jou, nie net in die Bybelse tyd was daar engele en wonderwerke nie.”

- Christelle Oosthuizen, Riversdal

* Vertel ons van jou wonderwerk

  • christelle

    Ek gaan nou op julle web en lees "wonderwerke" kliek en daar….sien ek my eie naam. Na 6 maande kan ek steeds nie glo dis waar nie!!!

    Ek lees en dis voel so onwerklik!! na als wat ek deur is voel my storie nog steeds soos iemand anders sin. Iemand wat ek op n tyd vreeslik jammer gekry het!!

    Dankie tog vir ander maniere behalwe die normale….

  • Annatjie

    Baie geluk. Hier is groot harte en groot genade ter sprake.

  • MARIE-LOUISE SCOTT

    MENS DIT LAAT SOMMER DIE TRANE OPWEL. WAT ‘N GROOT GOD DIEN ONS!! BAIE GELUK AAN JULLE TWEE SUSSIES VIR DIE WONDERWERK IN JULLE LEWENS.