First for Women

Het jy ’n sakedroom? Hier’s raad én ’n kans om R15 000 te wen!

1st for Women vier vroue-entrepreneurs – en nou kan jy jou eie potensiaal ontgin!

Wil jy graag jou eie onderneming begin, maar jy kort kapitaal en leiding om jou droom te bewaarheid? Hier deel 1st for Women waardevolle sakelesse en -wenke wat jy as toekomstige entrepreneur in gedagte kan hou.

PLUS jy staan ’n kans om R15 000 te wen vir jóú sakedroom! Doen én droom met hierdie wen-kombinasie van 1st for Women.

Vroue-entrepreneurs inspireer ons en 1st for Women. Een só ’n vrou is Janine van Zyl, eienaar van Cold Gold Artisan Ice Cream & Sorbet op Stellenbosch. Sy en haar span maak roomys sonder chemikalieë, preserveermiddels, kunsmatige geure en stabiliseerders, en in enige geur waarvan jy kan droom. Tot 800 soorte! Sy het met ons en 1st for Women gesels oor die lesse wat sy geleer het.

1. Bou ’n ondersteuningsnetwerk van staal

Ken jou swak punte en beperkings sodat jy areas kan identifiseer waar jy hulp of iemand anders se vaardighede en kennis nodig het. Is jy kreatief en vindingryk maar jy sukkel met administrasie? Het jy ’n uitstekende produk maar jy kry nie kliënte nie? Analiseer jou besigheid en kry hulp. Buiten die koestering van persoonlike verhoudings en die aanstelling van ’n bekwame span kan ’n ondersteuningsnetwerk ook gebou word deur sosiale media. Stel ’n gratis Facebook-blad op en nooi kliënte om jou besigheid te volg. So kan kliënte verander word in ondersteuners.

Volgens Janine het sy die eerste drie jaar alles self gedoen: “Bestanddele gekoop, roomys gemaak, afgelewer, stalletjies beman en bemark. Maar dit het sy tol begin eis – op my sosiale lewe en gesondheid. Ek het mense aangestel en moes leer delegeer.” Janine het geleer dat ’n ondersteuningsnetwerk uiters belangrik is. Dat haar onderneming niks is sonder haar span nie.

2. Wees ’n passievolle realis

’n Passie vir jou besigheid is noodsaaklik, veral as dinge moeilik is. Wanneer jy aan die einde van ’n rowwe maand staan, gaan dit passie wees wat jou deurtrek. Waar kom daardie passie vandaan? Dit word gebore uit selfvertroue – jy moet in jouself en in jou besigheid glo. Wanneer passie en selfvertroue ontbreek, gaan ander mense ook nie in jou besigheid glo nie. Boonop is passie aansteeklik.

Janine glo elke mens kan sukses behaal as jy net aanhou en in jouself en jou produk glo. “In die begin gaan jy baie harder werk as wat jy vir ’n baas sou doen. Maar as jou passie jou beroep is, ‘werk’ jy elke uur van jou dag.” Sy onderstreep wel dat hierdie passie prakties uitvoerbaar moet wees. As jy passievol is oor branderplankry in die Karoo, gaan jy nie noodwendig ’n volhoubare besigheid kan bedryf nie! Stel ’n realistiese sakeplan op met haalbare doelwitte – en laat jou passie jou dryf om die doelwitte te bereik.

3. Foute is lesse

Janine het in die eerste jaar van haar besigheid ’n groot les geleer toe sy met meer as R28 000 ingeloop is: “Ek was verpletter toe ek dit moes afskryf … nou beoordeel ek elke transaksie baie strenger.” Struikelblokke, foute en uitdagings is wel onvermydelik. Dit kan jou besigheid óf kelder óf verryk. Die verskil gaan wees watter lesse jy leer en hoe jy daarop reageer.

’n Kombinasie van voorsorg en aanpasbaarheid maak ’n besigheid op die ou end volhoubaar. Volgens Janine moet jy ’n neseier bou in die goeie tye, sodat jy ’n buffer kan hê wanneer dinge moeiliker gaan. Jy moet ook op jou tone bly en gedurig op die uitkyk wees vir nuwe moontlikhede. “Hou altyd ’n plan B reg sodat jy betyds jou sakemodel kan aanpas,” beveel sy aan.

Nou is dit jóú beurt!

1st for Women plaas jou eerste deur vir drie maande elke maand R15 000 weg te gee om jou te help om jou sakedroom waar te maak – nou is die tyd om aan die werk te spring! #weputyoufirst

Die wedstryd begin op 22 Mei 2017 om 08:00 en sluit op 19 Junie 2017 om 00:00.

Skryf nou in

*Let asb. dat 1st for Women jou kan kontak of bel vir ’n kwotasie vir nommerpas-versekering – lees die belangrike inligting hier onder. Deur in te skryf aanvaar jy die bepalings en voorwaardes  – lees dit HIER. FDV 15261

Belangrik:

Deur aan die wedstryd deel te neem stem deelnemers in om bemarkings- en/of promosiemateriaal van 1st for Women en/of enige van hul verwante of geaffilieerde maatskappye te ontvang. Geen deelnemer aan of wenner van die wedstryd sal op enige manier verplig word om ’n versekeringskontrak met 1st for Women en/of ’n kontrak met enige van hul verwante of geaffilieerde maatskappye aan te gaan nie.