First for Women

Jy verdien die beste

  • Vroue vervul soveel rolle en sal hulself selde eerste plaas. Daarom bied 1st for Women versekeringsprodukte wat nie net elkeen se behoeftes pas nie, maar wat jou ook kan geld spaar.

Lizette is ’n vrou wat byna enige moeilike situasie kan omkeer. Sy’s ’n ma wat tyd maak om die klein dingetjies in die lewe te waardeer en inspireer die mense rondom haar om dieselfde te doen.
Toe haar dogter, Zia, op ’n baie jong ouderdom met diabetes gediagnoseer is, het Lizette nie toegelaat dat dit in haar kind se pad staan om voluit te lewe nie. Inteendeel, sy het besluit om die beste resep vir ’n suikervrye sjokoladekoek baas te raak sodat Zia saam met haar skoolmaats die lewe kan geniet soos wat jong kinders veronderstel is om te doen.
Zia, wat vandag self ’n ma is, het meer bereik as wat haar dokters verwag het sy sou – sy is die mooi soort mens wat geluk kon vind binne die grense wat vir haar gestel is.
Saam is Lizette en Zia ’n gedugte paar en die bewys dat die regte ondersteuning alles beteken.
“Wanneer dinge moeilik was, het Zia gedoen wat nodig is – iets wat haar gemaak het wie sy vandag is. Sy het vryheid gevind binne die raamwerk van beperkings,” sê Lizette.
En Zia: “My ma is die rede hoekom ek vandag is wie ek is. Sy het my die vryheid gegee om dinge op my manier uit te vind. Nou kan ek ’n goeie ma wees danksy haar wonderlike voorbeeld.”
Al het dié ma en dogter mekaar staande gehou toe dinge teen hulle was, wil nie een van hulle erkenning hiervoor hê nie. 1st for Women wil graag hê alle vroue moet besef watter wonderlike werk hulle doen, asook die invloed en waarde wat hulle vir ander mense het.
“Dis hierdie vasberadenheid, positiwiteit en krag wat ons inspireer om dit wat ons vir die vroue van Suid-Afrika doen, te doen,” sê naam en van, titel van 1st for Women. “Dis hoekom ons Zia, Lizette en ander nes hulle eerste plaas met versekeringsprodukte wat elkeen se behoeftes pas.” Dit sluit in kar- en huisversekering met besparings van tot R422 per maand op jou premies, asook die ekstra voordele wat jy verdien.

WEN
Omdat 1st for Women jou en jou drome eerste plaas, het jy die kans om R15 000 te wen deur op SARIE.com in te skryf. Hierdie R15 000 sal jou in staat stel om:
– ’n Eerste paaiement op ’n motor te betaal
– ’n Webtuiste te begin en mashoof te laat ontwerp
– ’n Deposito vir ’n eie werkspasie te betaal
– Skuld af te betaal
– ’n Welverdiende wegbreek te neem
– Vir ’n aanlyn kursus in te skryf