Funksies

101km Kalahari Eco Stap

Ervaar al die fasette van die Kalahari – Stap vanaf Augrabies deur riemvasmaak, waar die plaaslike kok heerlike kos bedien terwyl die kinders hul bekende vasstrap en riel dans uitvoer. Die roete gaan al langs die oranjerivier deur die Groen Kalahari. Besoek Naftali vir ‘n verrykende kruie-praatjie en proe Bezalel se bekende pot-brandewyne en mampoer. Stap tussen rooi sandduine en al langs die oeroue malopo rivierbedding met sy massiewe kameeldoring bome. Eindig met ‘n 15km skof oor Koppieskraal se pan, waar die stilte en alleenwees jou kop skoonmaak Prys sluit in: Akkommodasie, alle etes, ondersteuningsspan, permitte en toegangsgelde