Funksies

Aardklop-kunstefees: Sien jou daar!

Teken in op SARIE & SARIE KOS: 7 winskopies!

1. Koop die nuutste SARIE @ R25
Jy kan die OKTOBER-UITGAWE van SARIE teen net R25 (gewone prys R27,95) by die fees koop. Plus jy kry ’n GRATIS FEESSAK met ’n armband in een van die somer se warmste kleure – swart, ligpienk, grysbruin en ligpers – PLUS ’n All Gold-produk en ’n paar kniekouse van Falke.

2. Koop die nuutste SARIE KOS @ R30
Jy kan die LENTE-UITGAWE van SARIE KOS teen net R30 koop (gewone prys R32,95). Plus jy kry ’n GRATIS organiese SARIE KOS-INKOPIESAK en ’n All Gold-produk.
 
3. Teken in op SARIE + SARIE KOS
Teken in op 16 UITGAWES (12 SARIE- EN 4 SARIE KOS-UITGAWES) @ R322. Kies dan uit een van die gratis geskenke by ons stalletjie, plus jy kry ’n bottel Douglas Green, asook ’n ALMAY-produk, in jou geskenkpak.

4. Teken in op SARIE KOS @ R103
Jy kan ook inteken op SARIE KOS teen SLEGS R103 VIR 4 UITGAWES (jy spaar R28) én jy kry ’n bottel Douglas Green, plus ’n organiese SARIE KOS-inkopiesak, as geskenk.

5. Teken in op SARIE @ 30% afslag
Jy betaal slegs R252 vir 12 UITGAWES van SARIE – R83 minder as die gewone intekenprys. Daarby kan jy kies uit een van die GRATIS GESKENKE by ons stalletjie en jy kry ’n ALMAY-produk in jou geskenkpak.

6. Teken in op SARIE + Lééf @ R476
Jy kry 35% afslag en ’n intekengeskenk van albei tydskrifte!

7. Koop SARIE BRUID @ R35
Kry die nuutste uitgawe én al die inligting om in te skryf vir SARIE se Bruid van die Jaar-wedstryd. Jy kan ook ’n spogtroue wen!

*Aanbiedings slegs geldig vir aflewering in SA terwyl voorraad hou.

NATANIËL EN SARIE BY AARDKLOP!

Nataniël

Omring deur musikante, sielkundiges, grimeerkunstenaars en engele skuif Nataniël sy vrees vir kunstefeeste tydelik opsy en betree Potchefstroom vir een enkele vertoning – sy eerste in agt jaar by Aardklop en geborg deur SARIE. Dié show bestaan uit sy nuutste stories en musiek. Daar is Engels, Afrikaans, pop, rock, blues, jazz, komedie, fantasie, trane en ’n reeks asembenemende uitrustings. Nataniël word begelei deur Charl du Plessis (klavier), Juan Oosthuizen (kitaar), Corné Dannhauser (baskitaar) en Vincenzo Henrico (tromme). Die kostuums is ontwerp deur Floris Louw.

Sanlam-ouditorium. 75 minute. 29 September om 20:30. R100


David Kramer

Met David Kramer wat vanjaar glad nie in Gauteng gaan uitkom nie, moet jy beslis nie die eenmalige vertoning van David Kramer – Hemel & Aarde misloop nie. Kry die volledige feesprogram by www.aardklop.co.za.

FEESFLAIR MET ALMAY

Almay

Kunstenaars van ALMAY bring vuurwarm flair na Aardklop – jou persoonlike fees-grimering! 5 gelukkige SARIE-lesers kan ’n ALMAY-geskenkpak van R2 000 elk wen. Koop jou SARIE by die fees om ’n inskrywingsvorm te kry. En teken in op SARIE en kry ’n gratis ALMAY-produk!

Almay Almay

FEES-SMAAK

Kry ’n gratis All Gold-produk as jy jou SARIE of SARIE KOS by die fees koop. All Gold gebruik net prima-tamaties wat natuurlik ryp word − dit smaak nés die vars produk. Die African-, Spanish-, Italian-, Indian-, Mediterranean- en Mexican-souse is jou slimste kortpad vir bredies en pasta.

All Gold

+

Kry ’n gratis paar swart Falke visnet-kniekouse met elke Oktober-SARIE wat jy by die fees koop. Falke se visnet-kniekouse word geweef van sysagte ingevoerde materiaal. Skakel 021 951 2137 vir inligting.

Falke visnet-kniekouse

Douglas Green Sunkissed is ’n natuurlike soeter witwyn wat spog met ’n alkoholinhoud van slegs 8%. Perfek vir elke dag. Kry ’n bottel GRATIS as jy inteken op
SARIE KOS.

Douglas Green Sunkissed
  • Riana Robinson

    Kan julle my help om 15 voorheen benadeelde swart kinders na Aardklop te neem, al kan julle my net help met ‘n kontak

  • http://xfoufvhjwfgd.com/ nufqxjl

    m8SPjx bvanddntjlwq, [url=http://rkdvdmiqgdod.com/]rkdvdmiqgdod[/url], [link=http://dpgcqpmyrbqf.com/]dpgcqpmyrbqf[/link], http://mxuokbmjakvz.com/