poster_3_crop
Funksies

aKing

DIE bekende rockmusiek-groep aKing tree Sondag 27 November op teen die hange van Bainskloof buite Wellington. Saam met aKing tree op die Wellingtonse rocker Newton, sowel as Janie Bay van Kaapstad en die Stellenbosse Blues-groep, Basson Laubscher & the Violent Free Peace. Die musiek begin 12:00 tot 19:00. Die liefdadigheidskonsert is ten bate van Amado, die perdrysentrum in die Paarl waar terapeutiese kwaliteite van perde gebruik word om getraumatiseerde en gestremde kinders terug te lei na ‘n gesonde en gelukkige kindwees. Bring ‘n kombers en span saam met ander musiekentoesiaste uit op die grasperke van Kleinevalleij aan die Bainskloofpad. Proe die heerlike houtvuur-pizzas en ander lekkernye op die spyskaart saam met wyn uit Wellington en ander drankies van die kontantkroeg. Die beroemde Jagermeister-meisies sal ook daar wees! Eie kos en drank, stoele en sambrele word nie toegelaat nie. Sitplek is nie bespreek nie, want almal gooi hul komberse oop op die gras. Gratis, veilige parkering is beskikbaar en Kleinevalleij het fasiliteite vir gestremde gaste. Kaartjies (R110) is beskikbaar by Computicket, Shoprite en Checkers. Kinders R70 (babas onder 12 maande gratis). Vir meer inligting, kontalk info@amado.co.za of skakel 083-604 4037.