Funksies

Altered Pieces

Ons jaarlikse tema-uitstalling val gebruiklik ook saam met die Klein Karoo Nasionale Kunstefees in Oudtshoorn. Vanjaar bied Strydom Galery tesame met sy eie tema-uitstalling, ‘n rondreisende uitstalling aan naamlik “Altered Pieces”, onder kuratorskap van Gordon Froud. Die samestelling van die altaarstuk-kunswerke geskep, ook deur uitgenooide Suid-Afrikaanse kunstenaars, is gebaseer op die musiek van die legendariese digter-baladesanger Leonard Cohen.