Funksies

ANDERSTE BENADERING TOT WYN EN KOS BY DURBANVILLE HILLS

Grondboontjiebotter-toebroodjies saam met wyn? Dis nie ʼn ligsinnige vraag nie, maar een wat ernstige aandag verdien wanneer ʼn knap begroting jou nie toelaat om jou gunsteling-wyn van Durbanville Hills saam met ʼn uitsoekgereg te geniet nie. Dis dan dat ʼn mens ander, meer ongewone kombinasies moet oorweeg. Kom kuier dus op 27 Junie saam by Gunther Kellerman, wat Durbanville Hills se wit wyne maak, en geniet ’n prettige aand waar talle ongewone wyn-en-kos-kombinasies op die proef gestel sal word. Gunther gaan verduidelik hoe goed kitskos soos grondboontjiebotter-en-konfyttoebroodjies, goeie ou peperbiefstukpastei, skyfies en springmielies by bekroonde wyn pas. Durbanville Hills se wyne word naas diet stapelvoedsels ook gepas by fynproewerdisse soos soesji, garnaalrisotto en beeshaas. ’n Keuse uit twee soorte sop en vars brood word ná die proeëry bedien, en koffie of tee met biscotti sluit die aand af, waarna jy met ’n geskenkpakkie huis toe gaan. Durbanville Hills se wyne sal gedurende die loop van die aand te koop wees. Datum: Donderdag, 27 Junie 2012 Tyd: 18:30 vir 19:00 Plek: Durbanville Hills Koste: R200 per persoon. Plek is baie beperk sodat besprekings noodsaaklik is. Skakel Simone Brown by (021) 558-1300 of stuur ’n e-pos na sibrown@durbanvillehills.co.za.